Speelgoed speelgoed speelgoed

•Mei 24, 2010 • 5 Kommentaar

Ek moet admit….  my kinders het te veel speelgoed.  of laat ek eerder sê:  my kabouter kind het te veel speelgoed.  Ek is mal daaroor om vir hom speelgoed te koop.  seker omdat ek ook net so lekker daarmee kan speel, of net omdat dit vir my lekker is om sy gesig te sien as hy dit kry.  en ja ja…..  ek weet dit is nie goed vir ‘n kind om so baie te ontvang nie.  moet sê:  ek het baie afgeskaal hierdie jaar….  net verjaarsdae en kersfees en so nou en dan ‘n klein dingetjie.  maar that is that.  en die prinses kry ook die kabouter se ou speelgoed.

maar saam met speelgoed kry jy ook ‘n ander baie groot probleem:  pakplek en organisering.  dit is ‘n groot kopseer vir my.  ek haat speelgoed wat oral rondlê.  Oral in die kabouter se kamer is daar ‘n mandjie of ‘n houer met speelgoed

December 2009 153 December 2009 154

December 2009 156 December 2009 157

Die probleem met groot houers is:  daar kan te veel speelgoed inpas.  en mens kan nie alles met een slag sien nie.

So, uit met die groot houers en in met die platter houers

December 2009 158

En toe kom die GROOOOOOOOT sort out.  partymaal vergeet ons van sorting en speel eerder met die speelgoed.  en baie kere ontdek ons ‘n speelding wat ons baie lanklaas gesien het of heeltemal vergeet het van.

December 2009 160 December 2009 165

maar alles is op die ou einde mooi uitgesorteer volgens Soort: een houer vir Dinosaurs (my kabouter kind kan nog steeds nie ‘n dinosaur weerstaan nie).  een houer vir diere, een houer vir karretjies, een houer vir plastiek kos en die laaste ene vir potte, panne, breekgoed en messegoed (hy is van kleins af baie lief vir kosmaak)

December 2009 162

En voila…  speelgoed netjies uitgesorteer en lyk sommer netjieser onder sy bed:

December 2009 159

I LOVE BLACKBOARD PAINT

•Maart 7, 2010 • 1 Kommentaar

My liewe liewe liewe man, het gesê ek kan die een vertrek gebruik vir my craft kamer.  Daar is reeds heelwat kombuis kaste ingebou.  Ek mag al die boonste kaste gebruik.  Die onderste kaste word tans gebruik vir die kampering goodies.  (ek is al klaar besig om te dink waar om die camping goodies te stoor….)

so, die afgelope 2 weke is die vertrek geverf – gras groen.  die kaste is spierwit geverf.  en die een muur – candy rooi.  kaste uitgewas en hard besig om alles in te pak.

maar ek kan nie begin craft as alles nie georganiseerd is nie.  ek irriteer myself met die perfektheid.  my grootste probleem was om die Embellishments te organiseer.  al die prentjies, die letters en goedjies….  ek besluit toe om dit alfabeties te sorteer….  (sien, ek hou daarvan om myself te straf). ek betaal tot die kabouter R5 om te help. Ek koop ‘n klomp plastiek houers en sorteer woes.  terwyl ek so sorteer wonder ek hoe om die bottels te merk…  want 30 bottels is baie.  eers dink ek daaraan om letters op te plak, maar party houers bestaan net uit een item, soos blomme of skoenlappers.  Die blik swartbord verf tref my oog…..mmmmmmm…..  hoe verf mens dit op plastiek…… 

so verf jy dit op plastiek:

neem stickers – enige stickers – ek het skoolboek stickers gebruik

Maart 2010 019

verf dit met swartbord verf

Maart 2010 020

Maart 2010 026

en plak dit op die houers en teken daarop met swart bord kryte

Maart 2010 024

Kabouter kamer

•Maart 5, 2010 • Lewer Kommentaar

053

Ek het besluit om elke maand vir hierdie jaar (en hopelik die jare vorentoe) ‘n vertrek te neem en heeltemal uit sorteer.  elke liewe ding.  skoonmaak en weggooi en organiseer.

omdat ons met die bouery net met ‘n paar vertrekke op ‘n slag moes klaarkom, het organisering ‘n nagmerrie begin word.  ons moes plekkies vind vir die vertrekke wat leeggemaak moes word.  so was ons kookpotte in die kabouter se kamer.  nadat die hael die stoorvertrek se dak "vernietig" het, het ons baie van daai goed in die nuwe badkamer gestoor. 

dis waarom ek besluit het om elke vertrek reg te pak. 

die eerste vertrek was die kabouter se kamer.  hy het hopeloos te veel speelgoed. (nota aan myself…..  KOOP MINDER SPEELGOED……)  maar eerste moet ek sy kas uitsorteer.  Alhoewel hy baie netjies is, en ek sy kas altyd probeer netjies hou, het dit ‘n bietjie hand uit geruk.  daar is te veel klere in wat te klein is.

So, dis die BEFORE foto  (ek laat my kop in skaamte sak om so ‘n foto te wys)

Januarie 2010 001

en so

Januarie 2010 002

(soos jy kan sien word hy net toegelaat om stickers BINNE in sy kas te plak en nerens anders nie)

Eerstens het ons die laai uitgesorteer. 

onderbroek laai eerste – uitgegooi wat te klein is en die ander netjies terug gepak   (hy gaan my nooit vergewe vir hierdie fotos nie)

Januarie 2010 006 Januarie 2010 008

Januarie 2010 007 Januarie 2010 009

Toe die sokkie laai

Januarie 2010 010 Januarie 2010 011

dis al wat oor gebly het

Januarie 2010 013

party van ons was heel verveeld.  (clyde)

Januarie 2010 012

Toe kom die pajama laai, die winter en swemklere laaie aan die beurt

Januarie 2010 015 Januarie 2010 016

natuurlik moes ons ALLES aanpas

Januarie 2010 018

pamaja laai baie netjies…..

Januarie 2010 020

die swembroek/hoed en winters laaie – heel skaflik

Januarie 2010 021 Januarie 2010 022

en vir die res van die kaste – baie netjies – soos dit hoort

Januarie 2010 532

dankie my groot seun vir jou harde werk….

die liefde darem…….

•Maart 5, 2010 • Lewer Kommentaar

fairy023

die kabouter het ‘n girl in die oog….  Ek kry die volgende opmerking een oggend op pad skool toe:  Mamma, dis valentines dag een van die dae.  Ek moet bieg:  ek was redelik verbaas gewees.  hoe weet my 5 jarige kind van so iets.  waar het hy dit geleer?  is dit dalk die slegte invloed van die kinders by die skool?  Maar ek hou my pose.  vra toe maar of hy weet wat is Valentynsdag.  "Ja, dis ‘n dag vir verliefdes"  Ek gooi amper die kar om.  wat de hel…….  Ek besluit maar om die "verliefde" opmerking te ignoreer.  "dan moet ons maar ietsie maak vir Juffrou" antwoord ek maar terug.  hy lyk darem heel gelukkig met my besluit.  "kan ons maar 2 maak" vra hy.  Ek sê met ‘n groot smile JA.  In my gedagtes sien ek hoe kry ek die ander geskenkie.  en skielik hoor ek:  dis vir ‘n ander dogtertjie…  ek gooi amper weer die kar om

‘n ander dogtertjie????????????   wat het geword van "ek gaan by mamma bly tot ek 40 is"? of "Mamma is die enigste dogtertjie in my lewe" of "ek gaan met mamma trou as ek groot is".  Ek was bereid om die "enigste-vrou-in-sy-lewe" posisie af te staan aan die juffrou, maar ek is nog glad nie gereed om daai posisie met ‘n ander DOGTERTJIE te deel nie.

Nadat dit my die hele dag geneem het om aan die gedagte gewoond te raak, besluit ek om maar vir die ANDER DOGTERTJIE ook ‘n persentjie te maak.  2 persentjies:  een vir juffrou en een vir die ANDER DOGTERTJIE.  sien jy ook iets verkeerd aan die stelling…..  die belangrikste vrou in sy lewe, kry NIKS nie. 

en dis toe wat ons gemaak het.

Knip ‘n skoenlapper uit karton en kleur dit mooi in.  beplak dit met sticker of blinkers.

 Februarie 2010 003

Plak "beweeg-ogies" op ‘n stokkie lekker en teken ‘n mond as jy wil

Februarie 2010 007

ryk die stokkielekker deur die papier en VOILA……  ‘n stokkielekker-butterfly-valentine-persentjie

Februarie 2010 009

maar ek moet bieg…..  dit was regtig baie cute om te sien hoe hy die geskenkie op haar tafel neersit.  Ek het gebly om haar reaksie te sien (en natuurlik om te sien hoe my teenstander lyk).  sy is pragtig.  en sy was so verras oor haar geskenk.  alhoewel hy nie wou he sy moet weet dit kom van hom af nie, het die juffrou vir haar vertel.  en o ja….  haar naam is Kate-Lynn. 

kinderkas organisering

•Januarie 31, 2010 • 2 Kommentaar

Okey okey okey, ek weet dit is nou nie die uniekste idee wat ek uitgedink het.  Mens kry immers klaar sulkes te koop.  Maar omdat 2010 die jaar is wat ons regtig spaarsamig wil leef, het ek besluit om dit te gebruik wat ons reeds het.

 

Ek weet nie regtig wat ‘n mens dit noem  nie, maar die dis die rakkies wat jy in jou hangkas in ophang.  die kabouter het klaar ‘n Dinosaur een.

Januarie 2010 002 

hierso hang syne in ‘n baie deur mekaar kas (die regpak van die kas word in die volgende post "bespreek")

Ek in die winkels gesien jy kry van die waarop maandag tot vrydag/Sondag staan.  en het gedink dis oulik om hulle daaglikse klere daarin te pak.  Ek het toe die kabouter s’n bietjie verander.

Eers die printwerk gedoen – op gewone papier.  ek love die Two Turtle Doves font.  en toe geknip.

Januarie 2010 523

Daarna het ek dit gelamineer (jammer vir die dowwe foto)

Januarie 2010 524

En toe die gelamineer "naam kaartjies" weer gesny

Januarie 2010 525

Ek wou eers net gaatjies indruk, maar het toe besluit om Eyelets te gebruik om dit sterker te maak.

Januarie 2010 526

Ek het toe versigtig gaatjies gemaak in die "hang rak" en die naamkaartjies vas gemaak met silwer tou.  vir ‘n dogtertjie sou ek mooi linte gebruik het.  En voila…… 

Januarie 2010 527

Al sy week se klere is ingepak en dit spaar my ‘n ekstra 20 minute ‘n week.

Januarie 2010 531

Persente vir die diere kinners

•Januarie 24, 2010 • 4 Kommentaar

Hierso is ‘n eenvoudige lekker eetdingetjie om vir die diere kinners te maak……  dis gesond en honde is mal daaroor…. 

Eerstens die resep:

DAILY DROOL PEANUT BUTTER BISCUITS

4 cups whole wheat flour
2 cups oatmeal
1/2 to 3/4 cup chunky peanut butter 
2 1/2 cups hot water

Mix all ingredients, adding more hot water if dough is too sticky.

Knead well.

Druk vormpies uit met koekie drukkers (ons het gevind dis makliker met groot eenvoudige vormpies…..  die katjie vormpie het nie so lekker gewerk nie).  ons het gereken die honde sal daarvan hou om katte te eet

Januarie 2010 144 

Bake on greased cookie sheet at 350 degrees for 40 minutes. Turn off heat and let cool in oven overnight.

Januarie 2010 145

Intussen…..  hou die kinders besig om hond prentjies in te kleur.  Ons het n prent met die kop apart van die lyf, maar jy kan later die kop afknip as jy net ‘n "heel hond" prent het.

Januarie 2010 146

laat hulle dit uitknip

Januarie 2010 148

en daar is altyd ‘n tydjie vir grappie

Januarie 2010 149

Plak die lyf op ‘n bruin papier sak  (dit lyk cool as die voete afhang……)

Januarie 2010 151

Vou die boonste gedeelte van die bruin sak om en plak die kop daarop.  (die kop sal effens oor die lyf wees)

Januarie 2010 152

Vul die bruin sak met die honde koekies.

Januarie 2010 153

En Voilla….  jy het ‘n oulike persent vir ‘n honde maatjie of ‘n maatjie se hond…..

die eerste dag van 13 jaar

•Januarie 18, 2010 • 2 Kommentaar

Jip, die tyd het aangebreek.  my klein baba kaboutertjie moet groot skool toe gaan.  hy is nog my babatjie en hy sal dit nog altyd bly.  Ek wens ek kan hom vir altyd styf teen my hou en hom nooit laat gaan nie.  hy sê baie vinnig dat hy vir altyd by mamma en pappa bly.  en as hy gaan trou, gaan hy nog steeds by ons bly.  en natuurlik gaan hy nie eintlik trou nie, want die enigste vrou in sy lewe is sy ma.  (ek skryf dit nou hierso neer sodat ons dit op wit en swart vir hom kan wys ;-)    ).

Dae, weke, maande en amper jare droom ek van die eerste dag.  sy skooltassie, sy kosblik.  ek begin sommer vroeg in Desember al kosblikkies soek.  Skooltas is gekoop.  al die skool benodigdhede.  Alles word baie mooi gemerk met die labels van It’s mine labels.  Ek glo in die labels.  (die Prinses se bottels word elke dag gewas in die skottelgoedwasser en word verhit in die mikrogolf oond en nog nie eenkeer het ‘n label afgeval of selfs verkleur nie)  

die aand voor die groot dag, het ek ‘n lekker hoenderpastei gemaak om die groot dag te vier.  en dit bietjie meer persoonlik gemaak vir die groot kabouter (as jy mooi kyk sal jy ‘n dinosaur in die middel sien)

Januarie 2010 162

kosblik is gepak met ‘n ou briefie….

Januarie 2010 154

Alles reg neergesit vir die groot dag….

Januarie 2010 160

en toe breek die groot dag aan:

was maar moeilik om so vroeg op te staan:

Januarie 2010 165

En toe moes die kabouter net regstaan vir die kamera.  (Ai…  die mamma wat so baie fotos neem)

Foto saam met pappa

Januarie 2010 168

natuurlik ‘n foto saam met die prinses

Januarie 2010 173

en wat is ‘n eerste dag sonder ‘n "eerste-dag-foto-met-tas-in-die-hand"

Januarie 2010 179

so vir ou laas lekker laf in die kar.

Januarie 2010 184

En toe breek die groot oomblik aan.  Sit agter sy tafel vir die eerste keer

Januarie 2010 185

intussen het die prinses siek geraak en moes in die hospitaal opgeneem word.  gelukkig is sy darem na 4 dae ontslaan.

Januarie 2010 189 Januarie 2010 194

ons tydjie alleen weg…..

•Januarie 9, 2010 • Lewer Kommentaar

Ek en manlief het besluit om ‘n tydjie alleen weg te gaan.  soos in met vakansie SONDER die kinders.  na baie wik en weeg het ons besluit om met ‘n Cruise te gaan.  vanaf Durban na Mosambiek.  En was dit ‘n heerlike tyd.  elke persoon moet op so ‘n cruise gaan.  dit voel soos ‘n 5 ster hotel.  en dan natuurlik die kos….  ek praat nie eens daarvan nie.  hope hope hope hope….  en natuurlik heerlik. 

geniet die fotos…

Die MSC Sinfonia Skip

 Copy of dag 1 middel van simfonia dag 1 agterkant van simfonia

Durban in die agtergrond

Copy of dag 1 doné met durban agter Copy of dag 1 edu met durban agter

Die vertrek "party"

Copy of dag 1 mense op dek 11 Copy of dag 1 wegtrek van hawe (besig op dek 11)

Baie shows, baie sexy girls, baie sexy mans.

Copy of dag 1 show danser Copy of dag 2 4 dag 1 show2

dag 2 show 2 dag 2 show 5 dag 4 show

dag 4 show 1

Die kos…..

Copy of dag 3 midnight 1 dag 3 midnight 2 dag 3 midnight 4 dag 3 midnight 5

dag 3 midnight 7 dag 3 midnight 6

Deur ons kajuit…..

Copy of dag 1 uitsig deur kajuit na durban hawe DURBAN

dag 2 uitsig deur kajuit na maputo Maputo

dag 3 port eiland 5 Portugese eilande

MAPUTO

Copy of dag 2 maputo 4 dag 2 maputo 6 dag 2 maputo 5

Portugese eilande

Copy of dag 3 eiland Copy of dag 3 inhaca eiland 1 Copy of dag 3 inhaca eiland 3

Copy of dag 3 inhaca eiland 4 dag 3 port eiland 3dag 3 port eiland 4

Die skip binne

November 2009 344 skip manhantan Lounge skip budha bar

skip casino skip disco skip ingangs portaal

skip winkels

2010

•Januarie 2, 2010 • Lewer Kommentaar

fairy086

‘n nuwe jaar….  nuwe dinge…..  nuwe uitdagings….  nuwe gebeurtenisse…..

nuwe dinge is partymaal perfek.  ander kere glad nie wat jy wou he nie.  maar nuwe dinge maak ons sterker.  maak ons meer “ons self”.

Behalwe vir die sokker, gaan 2010 ‘n jaar wees wat ek altyd gaan onthou.  die kabouter gaan groot skool toe.  vir my is dit natuurlik baie erger as vir hom.  emosioneel is ek nog nie reg daarvoor nie.  sal ek ooit reg wees daarvoor.  ek dink nie so nie.  maar ek weet ek moet.

My Kabouter:

ek kan nie glo jy moet groot skool toe gaan nie.  maar ek weet jy gaan ‘n fees he.  jy sien so uit daarna.  jou lewe gaan van nou af in ‘n ander rigting.  jou leergierigheid gaan ‘n groot bate wees.  nou kan jy oor alles leer waaroor jy nog die heeltyd wonder.  as ek nou my kristalbal moet uithaal en voorspel, sal ek voorspel dat jy die meeste van wetenskap en aardrykskunde gaan hou.  Pa se kind.  jou voorliefde vir diere, klippe en geraamtes.  hopelik hou jy darem van wiskunde ook…..  maar wat jy ookal doen, geniet dit my kind.  geniet 2010.  (en mamma sal hard probeer om nie te huil op dag 1 nie……  )

My Prinses

vir jou, my prinses, le ‘n hele nuwe wereld voor.  jy ontdek elke dag nuwe dinge.  alles word intens ondersoek – opgetel, gelek, geeet, in jou klein vingertjies vasgehou.  jou glimlaggies en laggies sal ons almal se 2010 ophelder.  dis vir my ‘n voorreg om die wereld saam met jou te ontdek.

ek hoop dat 2010 vir julle almal ‘n wonderlike jaar gaan wees.  leef 2010 soos jy nog nooit van te vore geleef het nie.  wees eerlik met jouself oor wat JY wil he.  jy verdien net die beste.

Die prinses word 1 – ‘n hele een jaar….

•November 8, 2009 • 2 Kommentaar

th_Gothic129

ja die tyd het gevlieg….  een hele jaar is verby…..  hopeloos te vinnig.  maar die tyd het aangebreek……  ons prinsessie het een jaar oud geword.

Baie geluk ons prinsessie….  dankie vir ‘n wonderlike jaar.  daar het so baie dingetjies gebeur….  jy het geleer om te eet, te kruip, om soentjies te gee en al daai baie laggies.  jy is baie spesiaal vir ons.

November 2009 013 die kabouter maak ‘n kaartjie vir sy sussie.

November 2009 019 self geskryf

November 2009 016 draai sy eie geskenk toe….   laat ek eers die storie oor die geskenk vertel…  ons leer die kabouter om te spaar vir goedjies wat hy regtig soek (en ons nie regtig wil koop nie). ,op die oomblik spaar hy woes vir Bakugan balle….  dis ‘n duur storie daai.  hy moet werk vir geld. so help waar hy kan…  net voor die prinses se verjaarsdag, sê ek vir hom ek gaan vir hom R50 gee vir ‘n persent vir haar.  ek vra toe wat hy gaan koop.  hy sê toe hy wil graag vir haar ‘n pink perd koop, maar dit moenie meer as R20 kos nie…  en ek vra toe nou wat van die ander geld.  “maar mamma” sê hy ewe “ek spaar mos”…..

November 2009 021 die oggend word daar gesing vir die birthday prinses

November 2009 029 almal help om persente oop te maak (ouboet is meer opgewonde as die prinses self)

November 2009 037 ouboet wys die pers perd wat hy gekoop het (hy kon ‘n pink perd kry nie….)

November 2009 030

November 2009 042 maar die kabouter was meer verras toe hy op ‘n geskenk afkom wat aan hom gerig was.  hierso lees hy die kaartjie:  aan die beste ouboet in die hele wereld

November 2009 048 aaaah, dis wat ek nog altyd wou gehad het…. Ben 10 swembrille

November 2009 049 baie baie impress met sy suster.

November 2009 055 1 kyk net hoe lekker vuil is die prinses na ‘n lekker stukkie koek