die eerste dag van 13 jaar

Jip, die tyd het aangebreek.  my klein baba kaboutertjie moet groot skool toe gaan.  hy is nog my babatjie en hy sal dit nog altyd bly.  Ek wens ek kan hom vir altyd styf teen my hou en hom nooit laat gaan nie.  hy sê baie vinnig dat hy vir altyd by mamma en pappa bly.  en as hy gaan trou, gaan hy nog steeds by ons bly.  en natuurlik gaan hy nie eintlik trou nie, want die enigste vrou in sy lewe is sy ma.  (ek skryf dit nou hierso neer sodat ons dit op wit en swart vir hom kan wys ;-)    ).

Dae, weke, maande en amper jare droom ek van die eerste dag.  sy skooltassie, sy kosblik.  ek begin sommer vroeg in Desember al kosblikkies soek.  Skooltas is gekoop.  al die skool benodigdhede.  Alles word baie mooi gemerk met die labels van It’s mine labels.  Ek glo in die labels.  (die Prinses se bottels word elke dag gewas in die skottelgoedwasser en word verhit in die mikrogolf oond en nog nie eenkeer het ‘n label afgeval of selfs verkleur nie)  

die aand voor die groot dag, het ek ‘n lekker hoenderpastei gemaak om die groot dag te vier.  en dit bietjie meer persoonlik gemaak vir die groot kabouter (as jy mooi kyk sal jy ‘n dinosaur in die middel sien)

Januarie 2010 162

kosblik is gepak met ‘n ou briefie….

Januarie 2010 154

Alles reg neergesit vir die groot dag….

Januarie 2010 160

en toe breek die groot dag aan:

was maar moeilik om so vroeg op te staan:

Januarie 2010 165

En toe moes die kabouter net regstaan vir die kamera.  (Ai…  die mamma wat so baie fotos neem)

Foto saam met pappa

Januarie 2010 168

natuurlik ‘n foto saam met die prinses

Januarie 2010 173

en wat is ‘n eerste dag sonder ‘n "eerste-dag-foto-met-tas-in-die-hand"

Januarie 2010 179

so vir ou laas lekker laf in die kar.

Januarie 2010 184

En toe breek die groot oomblik aan.  Sit agter sy tafel vir die eerste keer

Januarie 2010 185

intussen het die prinses siek geraak en moes in die hospitaal opgeneem word.  gelukkig is sy darem na 4 dae ontslaan.

Januarie 2010 189 Januarie 2010 194

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Januarie 18, 2010.

2 Responses to “die eerste dag van 13 jaar”

  1. Sterkte met die skooltoe en die nuwe feit dat daar nou ‘n nuwe vrou in sy lewe is :-), die juffrou

  2. mmmmm…. die juffrou is al klaar die baas by die huis ook. Juffrou sê dit en Juffrou sê dat……

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: