Speelgoed speelgoed speelgoed

Ek moet admit….  my kinders het te veel speelgoed.  of laat ek eerder sê:  my kabouter kind het te veel speelgoed.  Ek is mal daaroor om vir hom speelgoed te koop.  seker omdat ek ook net so lekker daarmee kan speel, of net omdat dit vir my lekker is om sy gesig te sien as hy dit kry.  en ja ja…..  ek weet dit is nie goed vir ‘n kind om so baie te ontvang nie.  moet sê:  ek het baie afgeskaal hierdie jaar….  net verjaarsdae en kersfees en so nou en dan ‘n klein dingetjie.  maar that is that.  en die prinses kry ook die kabouter se ou speelgoed.

maar saam met speelgoed kry jy ook ‘n ander baie groot probleem:  pakplek en organisering.  dit is ‘n groot kopseer vir my.  ek haat speelgoed wat oral rondlê.  Oral in die kabouter se kamer is daar ‘n mandjie of ‘n houer met speelgoed

December 2009 153 December 2009 154

December 2009 156 December 2009 157

Die probleem met groot houers is:  daar kan te veel speelgoed inpas.  en mens kan nie alles met een slag sien nie.

So, uit met die groot houers en in met die platter houers

December 2009 158

En toe kom die GROOOOOOOOT sort out.  partymaal vergeet ons van sorting en speel eerder met die speelgoed.  en baie kere ontdek ons ‘n speelding wat ons baie lanklaas gesien het of heeltemal vergeet het van.

December 2009 160 December 2009 165

maar alles is op die ou einde mooi uitgesorteer volgens Soort: een houer vir Dinosaurs (my kabouter kind kan nog steeds nie ‘n dinosaur weerstaan nie).  een houer vir diere, een houer vir karretjies, een houer vir plastiek kos en die laaste ene vir potte, panne, breekgoed en messegoed (hy is van kleins af baie lief vir kosmaak)

December 2009 162

En voila…  speelgoed netjies uitgesorteer en lyk sommer netjieser onder sy bed:

December 2009 159

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Mei 24, 2010.

5 Responses to “Speelgoed speelgoed speelgoed”

  1. Sjoe, mens sien net Dinosaur Sterte, lol. Jy is ‘n baie georganiseerde mens 🙂

  2. Net vanoggend soek my Zander ‘n dinosaur. ‘n Klein geel een. Ai …

    Die speelgoed is ‘n alewige stryd. Gelukkig het my kiddies ‘n speelkamer. Lyk soos oorlog na ‘n naweek maar dis darem uit hulle kamers uit

  3. Dis ‘n stryd Maggie…. om net alles netjies te hou.

  4. Ek het dieselfde probleem. Ek het nou die dag Dianay se kamer uitsorteer en alles in houers gepak, maar dit het nie gehelp nie. Sy verstaan nog nie waar alles moet gaan nie, so alles is nou weer deurmekaar. Blokkies en poppe en alles deurmekaar…

  5. Baie mooi boodskappe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: