ons tydjie alleen weg…..

•Januarie 9, 2010 • Lewer Kommentaar

Ek en manlief het besluit om ‘n tydjie alleen weg te gaan.  soos in met vakansie SONDER die kinders.  na baie wik en weeg het ons besluit om met ‘n Cruise te gaan.  vanaf Durban na Mosambiek.  En was dit ‘n heerlike tyd.  elke persoon moet op so ‘n cruise gaan.  dit voel soos ‘n 5 ster hotel.  en dan natuurlik die kos….  ek praat nie eens daarvan nie.  hope hope hope hope….  en natuurlik heerlik. 

geniet die fotos…

Die MSC Sinfonia Skip

 Copy of dag 1 middel van simfonia dag 1 agterkant van simfonia

Durban in die agtergrond

Copy of dag 1 doné met durban agter Copy of dag 1 edu met durban agter

Die vertrek "party"

Copy of dag 1 mense op dek 11 Copy of dag 1 wegtrek van hawe (besig op dek 11)

Baie shows, baie sexy girls, baie sexy mans.

Copy of dag 1 show danser Copy of dag 2 4 dag 1 show2

dag 2 show 2 dag 2 show 5 dag 4 show

dag 4 show 1

Die kos…..

Copy of dag 3 midnight 1 dag 3 midnight 2 dag 3 midnight 4 dag 3 midnight 5

dag 3 midnight 7 dag 3 midnight 6

Deur ons kajuit…..

Copy of dag 1 uitsig deur kajuit na durban hawe DURBAN

dag 2 uitsig deur kajuit na maputo Maputo

dag 3 port eiland 5 Portugese eilande

MAPUTO

Copy of dag 2 maputo 4 dag 2 maputo 6 dag 2 maputo 5

Portugese eilande

Copy of dag 3 eiland Copy of dag 3 inhaca eiland 1 Copy of dag 3 inhaca eiland 3

Copy of dag 3 inhaca eiland 4 dag 3 port eiland 3dag 3 port eiland 4

Die skip binne

November 2009 344 skip manhantan Lounge skip budha bar

skip casino skip disco skip ingangs portaal

skip winkels

Advertisements

2010

•Januarie 2, 2010 • Lewer Kommentaar

fairy086

‘n nuwe jaar….  nuwe dinge…..  nuwe uitdagings….  nuwe gebeurtenisse…..

nuwe dinge is partymaal perfek.  ander kere glad nie wat jy wou he nie.  maar nuwe dinge maak ons sterker.  maak ons meer “ons self”.

Behalwe vir die sokker, gaan 2010 ‘n jaar wees wat ek altyd gaan onthou.  die kabouter gaan groot skool toe.  vir my is dit natuurlik baie erger as vir hom.  emosioneel is ek nog nie reg daarvoor nie.  sal ek ooit reg wees daarvoor.  ek dink nie so nie.  maar ek weet ek moet.

My Kabouter:

ek kan nie glo jy moet groot skool toe gaan nie.  maar ek weet jy gaan ‘n fees he.  jy sien so uit daarna.  jou lewe gaan van nou af in ‘n ander rigting.  jou leergierigheid gaan ‘n groot bate wees.  nou kan jy oor alles leer waaroor jy nog die heeltyd wonder.  as ek nou my kristalbal moet uithaal en voorspel, sal ek voorspel dat jy die meeste van wetenskap en aardrykskunde gaan hou.  Pa se kind.  jou voorliefde vir diere, klippe en geraamtes.  hopelik hou jy darem van wiskunde ook…..  maar wat jy ookal doen, geniet dit my kind.  geniet 2010.  (en mamma sal hard probeer om nie te huil op dag 1 nie……  )

My Prinses

vir jou, my prinses, le ‘n hele nuwe wereld voor.  jy ontdek elke dag nuwe dinge.  alles word intens ondersoek – opgetel, gelek, geeet, in jou klein vingertjies vasgehou.  jou glimlaggies en laggies sal ons almal se 2010 ophelder.  dis vir my ‘n voorreg om die wereld saam met jou te ontdek.

ek hoop dat 2010 vir julle almal ‘n wonderlike jaar gaan wees.  leef 2010 soos jy nog nooit van te vore geleef het nie.  wees eerlik met jouself oor wat JY wil he.  jy verdien net die beste.

Die prinses word 1 – ‘n hele een jaar….

•November 8, 2009 • 2 Kommentaar

th_Gothic129

ja die tyd het gevlieg….  een hele jaar is verby…..  hopeloos te vinnig.  maar die tyd het aangebreek……  ons prinsessie het een jaar oud geword.

Baie geluk ons prinsessie….  dankie vir ‘n wonderlike jaar.  daar het so baie dingetjies gebeur….  jy het geleer om te eet, te kruip, om soentjies te gee en al daai baie laggies.  jy is baie spesiaal vir ons.

November 2009 013 die kabouter maak ‘n kaartjie vir sy sussie.

November 2009 019 self geskryf

November 2009 016 draai sy eie geskenk toe….   laat ek eers die storie oor die geskenk vertel…  ons leer die kabouter om te spaar vir goedjies wat hy regtig soek (en ons nie regtig wil koop nie). ,op die oomblik spaar hy woes vir Bakugan balle….  dis ‘n duur storie daai.  hy moet werk vir geld. so help waar hy kan…  net voor die prinses se verjaarsdag, sê ek vir hom ek gaan vir hom R50 gee vir ‘n persent vir haar.  ek vra toe wat hy gaan koop.  hy sê toe hy wil graag vir haar ‘n pink perd koop, maar dit moenie meer as R20 kos nie…  en ek vra toe nou wat van die ander geld.  “maar mamma” sê hy ewe “ek spaar mos”…..

November 2009 021 die oggend word daar gesing vir die birthday prinses

November 2009 029 almal help om persente oop te maak (ouboet is meer opgewonde as die prinses self)

November 2009 037 ouboet wys die pers perd wat hy gekoop het (hy kon ‘n pink perd kry nie….)

November 2009 030

November 2009 042 maar die kabouter was meer verras toe hy op ‘n geskenk afkom wat aan hom gerig was.  hierso lees hy die kaartjie:  aan die beste ouboet in die hele wereld

November 2009 048 aaaah, dis wat ek nog altyd wou gehad het…. Ben 10 swembrille

November 2009 049 baie baie impress met sy suster.

November 2009 055 1 kyk net hoe lekker vuil is die prinses na ‘n lekker stukkie koek

 

 

kersfees –

•November 1, 2009 • 3 Kommentaar

 

img-set

ek moet bieg…..  ek is ‘n sucker as dit by kersfees kom.  ek hou mal, gek, versot oor kersfees.  die hele gevoel wat saam met kersfees kom.  veral wit kersfees.  ek hou van die manier hoe oorsese mense hulle huise decorate.  die samesyn, die tradisies, alles!!!!!

Ek wil he my kinders moet altyd uitsien na kersfees.  hulle moet die mooiste herinneringe he.  die spesiaalste herinneringe.  en natuurlik die groot betekenis daaragter.  dit is tog die belangrikste.

My eerste herinnering van kersfees was great.  ons het op ‘n plaas gebly.  ons kersboom was ‘n groot doringtak en my ma het dit met watte decorate.  soos sneeu.  ons het nie baie geld gehad nie, maar dit was vir my die mooiste boom.  daar is baie koekies gebak en die aand voor kersfees het die plaaswerkers kom sing.  aaaah,  dit was so mooi.  ek het saam met hulle gesing.  en natuurlik al die kos op kersdag…..  ons het lanklaas die tradisionele kersete-ding gedoen.  die afgelope paar jaar braai ons en eet lekker bygeregte en geniet die dag net langs die swembad.

aan die begin van die jaar het ons besluit om hierdie jaar oorsee te gaan.  vir ons eerste keer.  my dierbare manlief het vir my die keuse gegee om te besluit waarheen om te gaan.  alhoewel die keuse oorweldigend is, het daar een plek in my kop bly maal….  Duitsland in kerstyd.
En daar is hierdie toer wat presies is wat ek wil he:  Winter wonderland Christmas markets…..  kry jy oo al die gevoel van lekker warm jas met ‘n mus.  die sneeu wat saggies val.  ‘n glasie glue-wein om jou warm te hou.  geroosterde neute in die ander hand.  die mooi liggies. die kersfees liedjies,  die mooi kersversierings.  kry jy daai kersgevoel.

wel…..  ons het besluit om die toer tot volgende jaar uit te stel en net eers ons huis klaar te restaureer…

so kersfees in duitsland….  ons sien julle volgende jaar.

Die coolste pannekoeke….. (en die duurste…..)

•November 1, 2009 • 1 Kommentaar

ons is nog steeds besig om te bou en te breek. ons (of altans die bouer) is nou al vir 2 maande besig  om die leefareas en die kombuis oor te doen.  as gevolg daarvan het ons nie ‘n kombuis nie.  ons het ons spaarkamer ingerig vir ‘n leefarea.  ‘n couch vir tv kyk.  ‘n tv….  ‘n tafel met die mircrowave en die ketel en die baryskas….  en natuurlik die prinses se eetstoel.  die hangkas is die kombuis kas.  al die kos en die eetware is daarso in.  nie dat ons baie kos daarin het nie.  want ons kan nie kos maak nie.

aan die een kant geniet ek die “sitkamertjie”.  dis lekker snoesig.  almal is daarso.  party maal raak dit net te beknop met 3 grootmense (kan seker al die kabouter as ‘n adult klassifiseer) en kruipende prinses en die 5 honde.

kos is natuurlik die grootste kopseer gewees.  wat gaan ons eet.  ons reel met Spar vir week kos (‘n lekker bord gekookte kos met groente), maar na 3/4 weke van elke aand bredie eet, kon ons net nie meer nie.  ons het intussen quick microwave kos ontdek.  nice ‘n easy, PnP, Woolies en McCain het almal kos in bakkies wat jy in net in die mircowave pop.  ‘n paar minute en voila…..  jy het kos.  ons het al bobotie geeet, lasange, pasta (baie daarvan), herderspastei, pampoen (baie lekker). PnP het lekker kids microwave kos.  name soos chicken and Robot pasta (pasta is red and green), maalvleis en ruspes (pasta wat soos ruspes lyk).  dit is alles baie cool kos.  hulle steek ook groente mooi weg tussen die kos.

Die PnP kinderkos is ons lewensredder. die prinses weier om enige iets te eet, wat ‘n babaprent of die woord baba daarop het.  sy maak net daai mondjie bod toe…..  en nou love sy die microwave kos.  eet ‘n hele bakkie self op.

okey, nou het ek ons kosmaak prentjie geskep.  as ons nie microwave kos eet nie, eet ons take aways….  (en natuurlik voel ek dit aan my klere….).  ons ken al die spyskaarte van al die take away plekke.  naweke probeer ons die uiteet ding…

gisteraand was ons lus vir pannekoek.  eintlik al van vrydag af, maar dit het vrydag so baie gereen en ons was nie lus om te ry in die baie reen na die Pancake Man nie. Hulle maak die lekkerste pannekoeke.  groot en dik pannekoek.  2 is genoeg vir ‘n honger ma…  die heeldag is ons al so lus vir pannekoek en ons besluit die namiddag dis nou tyd…..  pannekoek tyd..  (wat is dit met reenweer en pannekoek?????).  en natuurlik…..  die plek is toe.  is dit omdat die bloubulle en die cheetahs gespeel het?

ons besluit toe om by spar te gaan kyk vir microwave pannekoek (as daar so iets is).  ons kom toe op hierdie kids pancakes af.  Dis die mees kleurvolste pannekoeke wat ek nog ooit gesien het.

Oktober 2009 184

met ‘n prentjie opgeteken (ook met deeg – net ‘n ander kleur).  jy microwave dit vir 20 sekondes en voila…..  jy het pannekoek.

Oktober 2009 185

 

Oktober 2009 186

ons gooi maar ‘n bietjie kaneelsuiker oor.  dit smaak heel oraait.  nou nie soos die ware jakob nie, maar jy kan darem proe dis ‘n pannekoek…..  maar dis nie goedkoop nie.  teen R60 vir 10 pannekoeke (wat so groot en dun is soos die wat jy by die kerk basaar koop), is dit nogal duur, maar vir ‘n once-off, beslis die moeite werd.

 

The before, the during and the After – fase 1

•Oktober 25, 2009 • Lewer Kommentaar

hierdie keer het ons besluit om dit nie self te doen nie.  die vorige huis het ons alles self gedoen….  toe het ons nie kinders gehad nie…..  eintlik het ons – amper – ek was 7 maande swanger die vorige keer.

maar hierso is die fotos van fase 1 (die prinses se kamer, die kidos se badkamer en hulle gang)

DIE GANG

Junie 2009 115 Ingang na nuwe gang vanaf die kombuis

Junie 2009 118 Die nuwe gang wat deur die spaarkamer (links) gaan.

Junie 2009 124 Die muur gebou.

September 2009 095 ‘n deel van die gang, maar gee ‘n idee hoe die eindproduk lyk.

DIE PRINSES SE KAMER

Junie 2009 126 haar kamer before…..

Junie 2009 127 die badkamer wat deel van haar kamer word.

Julie 2009 010 die venster is uitgehaal en ‘n groter venster ingesit.

Julie 2009 025 copy dinge kom na n punt toe…..

August 2009 024 copy amper daar…

August 2009 029 copy manlief le die ondervloerse verhitting.

August 2009 047 en voila, die prinses se kamer is klaar.  met die prinses op die bed.

August 2009 058 copy elke prinses het ‘n aantrek spieel nodig.

August 2009 059 copy lees hoekie.

DIE KIDOS SE BADKAMER

Junie 2009 127 Die before….  okey daar was darem ‘n groen bad ook in.  en die teels was eintlik ook groen blomme.

Julie 2009 005 ons het die badkamer geskuif na een vandie voorportaal’s en ‘n stuk van die ou gang. en die oorspronklike toilet.

Julie 2009 021 nee…. ons begin nie ‘n nuwe trend om ‘n toilet by die voordeur te sit nie….  al die mure nou uit.

August 2009 018 die voordeur uitgehaal en venster ingesit.

September 2009 082 manlief het die mure gedoen met Earth cote se Pandola (spelling….) se AmaPlastic.  dit was baie werksintensief, maar beslis die moeite werd.  Kort nog dekor en ‘n spieel.  (kan nog nie besluit hoe die spieel moet lyk nie)

September 2009 096 die bad (Obvious….)

September 2009 097 Ek is absoluut gek oor die Accessories van Ironwood.

daar kort nog goed in die badkamer….  maar nou het julle darem ‘n idee.

Project renovating Fase 1

•Oktober 4, 2009 • Lewer Kommentaar

9_dark_fantasy_00nbacksdeFair

soos ek in die vorige post geskryf het, het ons hierdie jaar besluit om te renovate.

Ek dink die belangrikste feit oor renovate is:  bly minimum ‘n jaar in die huis.  ons het nou vir 3 jaar in die huis gebly voordat ons presies geweet het wat om te verander.  Ons huis was oorspronklik ‘n gewone 3 (klein) slaapkamer en een badkamer huis. die vorige (en hulle vorige) eienaars het net aangebou en vergroot, maar nooit werklik elke vertrek tot eie reg laat kom nie.  hoekom is party slaapkamers soveel groter as ander.  hoekom is die spaar badkamer so klein.  hoekom is daar 3 voordeure.  hoekom is daar 3 gange vir 4 slaapkamers…  hoekom het die kombuis (wat noord kyk) die mooiste uitsig….  hoekom kyk die sitkamer suid????

dit het werklik gevoel of die huis verkeerd om gebou is, het hulle dan nooit gedink toe hulle verbrou en verbreek het nie.

ons eerste renovating deel was gang 1, spaarkamer, die prinses se kamer, en die kids se badkamer.

so het ons “slaap” gedeelte gelyk voor die groot breek en bou:

kamers voor copy

Die donker swart strepies is die deure.  daar was net te veel gange en die uitleg het net nie sin gemaak nie.  PS.  dis glad nie op skaal geteken nie….  😉

en dit is hoe dit moet lyk na die bou en breek…..

kamers na copy

Dis wat ons alles verander het:

  1. ons het ‘n ekstra muur in die spaarkamer ingebou en sodoende die spaarkamer bietjie kleiner gemaak….  dis nog steeds ‘n groot spaarkamer.  die ander gedeelte is nou die nuwe gang wat nou saam met gang no 2 is.
  2. die muur tussen gang no 2 en die ou spaarkamer is uitgekap om dit nou net een lang gang te maak.
  3. ‘n deur is nou ingebou om die slaap en leef areas te skei
  4. die deur van gang no 1 na gang no 2 is toe gebou
  5. Die groot rooi blokke verwys verwys nou na 1 vertrek.  Dit is nou die Prinses se kamer.  ons het die mure tussen haar oorspronklike kamer, die badkamer en ‘n gedeelte van gang no 1 alles uitgekap en haar kamer nou net so groot soos boetie s’n gemaak.
  6. dis nou die kinders se badkamer (en die gaste s’n).  die mure tussen gang no. 1, die toilet en die voorportaal alles uitgekap en een lekker groot badkamer gemaak.

die volgende post sal al die fotos he van fase 1