kersfees –

 

img-set

ek moet bieg…..  ek is ‘n sucker as dit by kersfees kom.  ek hou mal, gek, versot oor kersfees.  die hele gevoel wat saam met kersfees kom.  veral wit kersfees.  ek hou van die manier hoe oorsese mense hulle huise decorate.  die samesyn, die tradisies, alles!!!!!

Ek wil he my kinders moet altyd uitsien na kersfees.  hulle moet die mooiste herinneringe he.  die spesiaalste herinneringe.  en natuurlik die groot betekenis daaragter.  dit is tog die belangrikste.

My eerste herinnering van kersfees was great.  ons het op ‘n plaas gebly.  ons kersboom was ‘n groot doringtak en my ma het dit met watte decorate.  soos sneeu.  ons het nie baie geld gehad nie, maar dit was vir my die mooiste boom.  daar is baie koekies gebak en die aand voor kersfees het die plaaswerkers kom sing.  aaaah,  dit was so mooi.  ek het saam met hulle gesing.  en natuurlik al die kos op kersdag…..  ons het lanklaas die tradisionele kersete-ding gedoen.  die afgelope paar jaar braai ons en eet lekker bygeregte en geniet die dag net langs die swembad.

aan die begin van die jaar het ons besluit om hierdie jaar oorsee te gaan.  vir ons eerste keer.  my dierbare manlief het vir my die keuse gegee om te besluit waarheen om te gaan.  alhoewel die keuse oorweldigend is, het daar een plek in my kop bly maal….  Duitsland in kerstyd.
En daar is hierdie toer wat presies is wat ek wil he:  Winter wonderland Christmas markets…..  kry jy oo al die gevoel van lekker warm jas met ‘n mus.  die sneeu wat saggies val.  ‘n glasie glue-wein om jou warm te hou.  geroosterde neute in die ander hand.  die mooi liggies. die kersfees liedjies,  die mooi kersversierings.  kry jy daai kersgevoel.

wel…..  ons het besluit om die toer tot volgende jaar uit te stel en net eers ons huis klaar te restaureer…

so kersfees in duitsland….  ons sien julle volgende jaar.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op November 1, 2009.

3 Responses to “kersfees –”

  1. Wow, Doné, skielik sien ek ook vreeslik uit na Kersfees 🙂

  2. ek is bly ek kon jou inspireer….. gaan dit nog goed?

  3. Hi Fairy Geseende Kersfees vir jou en gesin!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: