Die coolste pannekoeke….. (en die duurste…..)

ons is nog steeds besig om te bou en te breek. ons (of altans die bouer) is nou al vir 2 maande besig  om die leefareas en die kombuis oor te doen.  as gevolg daarvan het ons nie ‘n kombuis nie.  ons het ons spaarkamer ingerig vir ‘n leefarea.  ‘n couch vir tv kyk.  ‘n tv….  ‘n tafel met die mircrowave en die ketel en die baryskas….  en natuurlik die prinses se eetstoel.  die hangkas is die kombuis kas.  al die kos en die eetware is daarso in.  nie dat ons baie kos daarin het nie.  want ons kan nie kos maak nie.

aan die een kant geniet ek die “sitkamertjie”.  dis lekker snoesig.  almal is daarso.  party maal raak dit net te beknop met 3 grootmense (kan seker al die kabouter as ‘n adult klassifiseer) en kruipende prinses en die 5 honde.

kos is natuurlik die grootste kopseer gewees.  wat gaan ons eet.  ons reel met Spar vir week kos (‘n lekker bord gekookte kos met groente), maar na 3/4 weke van elke aand bredie eet, kon ons net nie meer nie.  ons het intussen quick microwave kos ontdek.  nice ‘n easy, PnP, Woolies en McCain het almal kos in bakkies wat jy in net in die mircowave pop.  ‘n paar minute en voila…..  jy het kos.  ons het al bobotie geeet, lasange, pasta (baie daarvan), herderspastei, pampoen (baie lekker). PnP het lekker kids microwave kos.  name soos chicken and Robot pasta (pasta is red and green), maalvleis en ruspes (pasta wat soos ruspes lyk).  dit is alles baie cool kos.  hulle steek ook groente mooi weg tussen die kos.

Die PnP kinderkos is ons lewensredder. die prinses weier om enige iets te eet, wat ‘n babaprent of die woord baba daarop het.  sy maak net daai mondjie bod toe…..  en nou love sy die microwave kos.  eet ‘n hele bakkie self op.

okey, nou het ek ons kosmaak prentjie geskep.  as ons nie microwave kos eet nie, eet ons take aways….  (en natuurlik voel ek dit aan my klere….).  ons ken al die spyskaarte van al die take away plekke.  naweke probeer ons die uiteet ding…

gisteraand was ons lus vir pannekoek.  eintlik al van vrydag af, maar dit het vrydag so baie gereen en ons was nie lus om te ry in die baie reen na die Pancake Man nie. Hulle maak die lekkerste pannekoeke.  groot en dik pannekoek.  2 is genoeg vir ‘n honger ma…  die heeldag is ons al so lus vir pannekoek en ons besluit die namiddag dis nou tyd…..  pannekoek tyd..  (wat is dit met reenweer en pannekoek?????).  en natuurlik…..  die plek is toe.  is dit omdat die bloubulle en die cheetahs gespeel het?

ons besluit toe om by spar te gaan kyk vir microwave pannekoek (as daar so iets is).  ons kom toe op hierdie kids pancakes af.  Dis die mees kleurvolste pannekoeke wat ek nog ooit gesien het.

Oktober 2009 184

met ‘n prentjie opgeteken (ook met deeg – net ‘n ander kleur).  jy microwave dit vir 20 sekondes en voila…..  jy het pannekoek.

Oktober 2009 185

 

Oktober 2009 186

ons gooi maar ‘n bietjie kaneelsuiker oor.  dit smaak heel oraait.  nou nie soos die ware jakob nie, maar jy kan darem proe dis ‘n pannekoek…..  maar dis nie goedkoop nie.  teen R60 vir 10 pannekoeke (wat so groot en dun is soos die wat jy by die kerk basaar koop), is dit nogal duur, maar vir ‘n once-off, beslis die moeite werd.

 

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op November 1, 2009.

One Response to “Die coolste pannekoeke….. (en die duurste…..)”

  1. Dis nou cool pannekoeke vir kinders!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: