Project renovating Fase 1

9_dark_fantasy_00nbacksdeFair

soos ek in die vorige post geskryf het, het ons hierdie jaar besluit om te renovate.

Ek dink die belangrikste feit oor renovate is:  bly minimum ‘n jaar in die huis.  ons het nou vir 3 jaar in die huis gebly voordat ons presies geweet het wat om te verander.  Ons huis was oorspronklik ‘n gewone 3 (klein) slaapkamer en een badkamer huis. die vorige (en hulle vorige) eienaars het net aangebou en vergroot, maar nooit werklik elke vertrek tot eie reg laat kom nie.  hoekom is party slaapkamers soveel groter as ander.  hoekom is die spaar badkamer so klein.  hoekom is daar 3 voordeure.  hoekom is daar 3 gange vir 4 slaapkamers…  hoekom het die kombuis (wat noord kyk) die mooiste uitsig….  hoekom kyk die sitkamer suid????

dit het werklik gevoel of die huis verkeerd om gebou is, het hulle dan nooit gedink toe hulle verbrou en verbreek het nie.

ons eerste renovating deel was gang 1, spaarkamer, die prinses se kamer, en die kids se badkamer.

so het ons “slaap” gedeelte gelyk voor die groot breek en bou:

kamers voor copy

Die donker swart strepies is die deure.  daar was net te veel gange en die uitleg het net nie sin gemaak nie.  PS.  dis glad nie op skaal geteken nie….  😉

en dit is hoe dit moet lyk na die bou en breek…..

kamers na copy

Dis wat ons alles verander het:

  1. ons het ‘n ekstra muur in die spaarkamer ingebou en sodoende die spaarkamer bietjie kleiner gemaak….  dis nog steeds ‘n groot spaarkamer.  die ander gedeelte is nou die nuwe gang wat nou saam met gang no 2 is.
  2. die muur tussen gang no 2 en die ou spaarkamer is uitgekap om dit nou net een lang gang te maak.
  3. ‘n deur is nou ingebou om die slaap en leef areas te skei
  4. die deur van gang no 1 na gang no 2 is toe gebou
  5. Die groot rooi blokke verwys verwys nou na 1 vertrek.  Dit is nou die Prinses se kamer.  ons het die mure tussen haar oorspronklike kamer, die badkamer en ‘n gedeelte van gang no 1 alles uitgekap en haar kamer nou net so groot soos boetie s’n gemaak.
  6. dis nou die kinders se badkamer (en die gaste s’n).  die mure tussen gang no. 1, die toilet en die voorportaal alles uitgekap en een lekker groot badkamer gemaak.

die volgende post sal al die fotos he van fase 1

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Oktober 4, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: