huis paleis pondok….

anime_fairy_water2-662395

Ek het omtrent lanklaas geskryf.  ek gaan nie verskonings maak nie….

daar is iets oor huise wat my baie intereseer.  my huis is vol huis tydskrif te en boeke.  ek verslind dit sodra dit op die rak kom.  dalk het die Garden and Homes, wat ek as kind gelees het, iets met die belangstelling te doen.  en sedert so paar jaar gelede, het ek het renovation ook tot die belangstelling lys gevoeg.  As ek in ‘n huis instap, dwaal my oe en gedagtes rond.  mmm, as daai muur nie daar was nie…  of …..  die venster lyk nie reg daar nie….  of…  ek hou van hoe hulle dit of dat gedoen het.

So, het ons toe so 3 jaar terug ons droomhuis gekoop.  wel, met droomhuis bedoel ek dit het aan al ons vereistes voldoen.  toe ek en manlief besluit het wat ons droomhuis alles moet he, het ons eers gedink…  “ag nie te veel nie”…  en elkeen begin toe opnoem…  die lys was toe alles behalwe “ag nie te veel nie”.  dis was hoe ons lys gelyk het:

  1. swembad
  2. boorgat (dit was nie deel van my lys nie….)
  3. groot erf
  4. instap hangkas(raai op wie se lys was dit gewees….???)
  5. minimum 3 slaapkamers
  6. minimum 2 badkamers
  7. 2 leefareas.
  8. lekker groot kombuis
  9. en GROOOOOOOOOT vertrekke
  10. ‘n mooi tuin
  11. en BAIE bome.
  12. minimum 2 garages

sien, nie te moeilik nie.

ons was nie eintlik van plan om te koop nie.  ons het altyd sondae middae rondgery (ons doen dit nog steeds) en kyk na huise.  kyk na idees.  kyk na tuine.  een straat in ons dorp was altyd vir ons baie mooi gewees.  vol bome.  dit voel soos stellenbosch.

ons was nog besig om ons vorige huis te restoureer.  maar eendag sien ek ‘n klein advertensie met ‘n klein fototjie.  Ek kry toe die gevoel dat die huis in my droom straat mag wees. die beskrywing van die huis het aan al 12 vereistes voldoen met ‘n ekstra by… ondervloerse verhitting.  ons het dadelik ‘n afspraak gereel en die huis gaan kyk.  EK SOEK DIE HUIS….  die vertrekke is so groooooooooooooooooot.

ons koop die huis.  en soos ‘n mens in ‘n huis bly, kom jy agter wat is fout, wat werk en wat werk nie.  alhoewel die vertrekke groot was, is die gesins badkamer, maar baie klein en BAIE outyds…  met 3 verskillende avo groen blomme teels en ‘n avo bad, lyk dit eerder na ‘n swamp.

en die een kamer is ook maar vreeslik klein….  (okey, dieselfde grootte as die kamers in ons vorige huis), maar dit voel net nie reg in die huis nie.  en so begin ons “foute” raaksien….  die sitkamer se venster is te groot en kyk op die straat.  die kombuis is te langwerpig en ongemaklik.  die eetkamer is nie groot genoeg nie.  die huis het nie ‘n portaal nie en kom sommer reg in die sitkamer in. en wat snaaks was van die huis is sy 3 voordeure….  die main voordeur is skuifdeure….  (wat ‘n no no vir my is, as dit by voordeure kom).

en so bou en verbreek ek in my gedagtes nou al vir 3 jaar.  hierdie jaar het ons besluit…  tot hier toe en nie verder nie.  kom ons maak die droomhuis ONS DROOMHUIS…  en in die volgende posts gaan ek julle alles vertel en fotos wys van ONS DROOMHUIS

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Oktober 3, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: