Vadersdag 2009

okey, ek weet vadersdag was 2 maande gelede, maar hierso is dit nou……

Mammadag en Pappadag word altyd in ons huis gevier.  maar ons oordoen dit ook nou nie.

en hierdie vadersdag was ook nie anders nie.  die kabouter het baie hard gewerk aan sy geskenkie vir die beste pa in die hele hele hele wereld.  ons gee altyd ‘n geskenkie wat ons self gemaak het.  hierdie jaar het ek en die kabouter (volgende jaar kan die prinses iets maak….)  besluit om iets te doen met klippe wat Cool is. klippe, omdat pappa ‘n geoloog is en ons hele huis vol klippe is.  So, die kabouter het klei gevat en dit in ‘n bakkie-vorm gemaak en dit laat hard word.  en toe 4 plat spoelklippies (ons was tempted om  ‘n paar van die klippe te vat wat oral indie huis is…..  maar het toe daarteen besluit….)  geneem en dit net soos ons gesin “versier”.  dit was snaaks toe dit klaar is, want jy sien jouself deur die oe van ‘n kind:  die prinses het ‘n dummy en ‘n bottel gehad en ‘n vreeslike groot pink strik op die kop.  Mamma het ‘n strooihoed en ‘n vreeslike rooi lippe gehad.  die verrasssings element was egter die Pappa:  met ‘n selfoon teen die mond…..  wel, die pappa in hierdie huis hou NIKS van selfoon of enige ander telefoon nie.  En die pappa het ‘n strooihoed op asook ‘n graaf…..  en die kabouter het ‘n dinosaur reg langs sy sy.  wel, so lyk ons gesin deur die oe van my 5 jarige kabouter.  Julie 2009 015

En natuurlik het ons die pappa bederf met ‘n heerlike ontbyt.  natuurlik was daar bacon en eiers, maar net op ‘n manier.  ONTBYT PIES

Junie 2009 0902222

Rol blaardeeg (ons het die cheese en Herb weergawe gekoop, maar die smaak is oorweldig) uit en sny in vierkante.  sny dan ‘n klomp strips en pak dit al rondom die vierkante.

Junie 2009 0942222

Braai bacon

Junie 2009 0952222

Bak die pies (sonder enige vulsel) totdat dit lekker bros is.  gee dan vir elke pie sy rou eier.  die agterste ene was die eerste probeerslag deur die kabouter en het toe sommer scramble egg geword.

Junie 2009 0962222

Sit die gebraaide bacon bo-op.  en bak in die oond vir so  20 min totdat eier gaar is.

Junie 2009 0972222

en Voilla… ontbyt pies is klaar.  die eiergeel is regtig BAIE geel.  en dit lyk baie nice en smaak net so lekker.

Aan die beste pappa in die hele wereld.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Augustus 1, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: