Die tandmuis gee en neem

Die tandmuis het ‘n bedrywige tyd by ons gehad.  Dit is nou al ‘n tydjie dat die kabouter se tand los is.  Elke dag wikkel hy daai ou tandjie.  tot ek op ‘n dag besluit….  vandag is die dag.

die pa-persoon is die regte persoon vir die taak.   eers word die hele aksie beplan – soveel keuses:  met ‘n tand uithaal, met ‘n garingdraadjie uithaal of met die hand. die hand kry die meeste stemme.  die kabouter sit met ogies styf toe terwyl die pa-persoon sy groot hande indie klein mondjie indruk.  pa-persoon vat die tand vas en gee ‘n klein rukkie.  niks nie…..  pa-persoon probeer weer en net toe hy weer die tand wil uitruk, sê die kabouter baie rustig:  dis die verkeerde tand, pappa.  oeps….  die regte tand kom toe baie vinnig uit.  min gebloei.  geen trane.  net ‘n baie trotse kabouter.  Junie 2009 006

Die tand word in die beste skoen gesit (natuurlik is Spiderman skoene die beste).  met ‘n stukkie kaas vir die muis.  by die Melk het ek ‘n streep getrek.  muise drink nie melk nie.  Junie 2009 013

Die volgende oggend is die kabouter baie vinnig wakker en gaan kyk dadelik wat in sy skoen is.  Moet sê hy was nie te impress met die papiergeld nie.  hy het munte gesoek.

Junie 2009 016

maar was gou opgewonde toe hy uitfigure dat hy nou vinniger sy Ben 10 horlosie kan koop.  (hy spaar nou al vir maande vir ‘n Ben 10 horlosie)

Junie 2009 009

op die selfde dag wat die kabouter ‘n tand verloor het, het die prinses haar eerste tand gekry.  en ouch….  byt sy seer met daai tand.

‘n week later, terwyl die kabouter eet, eet hy sommer self die ander tand “uit”.  nog ‘n R20 nader aan die Ben 10 horlosie…

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Julie 12, 2009.

4 Responses to “Die tandmuis gee en neem”

  1. Ag moeder …. hoop hy kry sy Ben 10 horlosie sommer baie vinnig!

  2. Ek het duidelik baie jare laas die tandmuis as besoeker gehad – toe was munte die inding. Is die going rate vir tandjies nou R20? Mens moet weet vir die kleinkinders.

  3. Wonder ek nou dieselfde ding Sandra. Ons was so happy vir ‘n R2 in daai skoen. Lyk my ek sal nou al vir Dianay se tande-oes moet begin spaar 😉

  4. jong, met die nuwe inflasie – tandmuis het seker besef hy sal sy rate moet increase. 😉

    ek dink die tandmuis het ‘n bietjie meer gegee want hy weet hoe duur is ‘n Ben 10 horlosie en hoe lank spaar die kabouter al vir daai horlosie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: