nog ‘n baba….

vir my het dit gevoel of die tyd nooit reg gaan wees vir ‘n nuwe hond nie.  hoe kan ek Sasha so verraai en haar “replace”.  dit voel net nie reg nie.

‘n boek wat ek verlede jaar vir Xander gekoop het, “Ek sal jou nooit vergeet nie” verduidelik ‘n troeteldier se dood en nie volgende hondjie aan ‘n kind.  daarin staan dat die nuwe hond nie die ou hond sal plek sal inneem nie.  (soos jy kan agterkom het die boek meer vir my gehelp as vir Xander)

So, besluit ons toe dat ons maatjie vir die Boerboel, Rommel moet kry.  skielik onthou ons toe ons vir Sasha gekry het.  Rommel het niks van haar gehou nie.  sy het hom so geirriteer.  en ai, nou moet ons dit weer aan die ou doen.  en dis nie eers sy skuld nie.  ons besluit weer op ‘n labrador, maar op ‘n swart of bruin een.  Die goues (soos sasha) lyk almal presies soos Sasha.  na ‘n lang gesoek vind ons ‘n breeder by ‘n nabye dorp.  Vrydag middag tel manlief my op en ons ry om ons nuweling te gaan oplaai.

En hierso is sy…..       Luna.  Junie 2009 050 copy

sy is 4 maande oud.  gebore op 19 Feb 09.  op die oomblik noem ons haar Hooligan, want sy los niks uit nie.  maar sy is die liefdevolste hondjie.  sy het baie gou aangepas.  Rommel en sy speel nou al vir rukkies.  Junie 2009 070 copy

Sussie (die yorkie) geniet haar nog die meeste.  die twee worsies steur hulle nie haar nie.  (hulle is te oud).  En sy het sommer dadelik intrek geneem tussen my en manlief in die bed.  en le heerlik op die bank en kyk tv, soos net ons honde dit kan doen.  dit lyk of sy al jare hierso bly.

Die kabouter dink dit is die mooiste hond in die hele wereld.  hulle speel en rol op die grond rond.

Junie 2009 038 copy Junie 2009 054 copy Junie 2009 099 copy

Die prinses weet nie regtig wat om van die nuweling te dink nie – die nuweling wil haar kos opeet en haar omspring…..

Welkom by ons huis, Luna

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Junie 21, 2009.

One Response to “nog ‘n baba….”

  1. Hoop die nuwe baba bring groot vreugdes !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: