ons mis jou, sasha

ons het hierdie naweek afskeid geneem van ons liefling Labrador, Sasha.  Ek het voorheen al geskryf hoe belangrik honde in ons lewe is.  honde was nog nooit net ‘n dier vir ons gewees nie.  hulle is deel van ons huishouding.  hulle is alles ons lewe.  DSC03431

vir ons het honde ‘n siel, nes ons mense.  honde toon ‘n onverwaardelike liefde.

S4010199

sasha was meer as net ‘n hond gewees.  sy was ons groot meisiekind.  sy kon aanvoel as jy hartseer was en jou dan probeer vertroos met ‘n lek.  sasha het die mooiste maniere gehad.  sy het altyd kos mooi uit jou hand gevat, sonder om te byt.

DSC00053

Ek sal sasha altyd onthou as ‘n liefdevolle hond.  sy en Rommel (ons boerboel) was onafskeidbaar gewees.  vir 6 jaar was die twee sy-aan-sy.  hulle het altyd langs mekaar geslaap.  As dit winter is, het hulle styf teenmekaar gele voor die heater.  Sy, onder haar Barbie kombers.

Tipies labrador, was sasha gek oor swem.  soggens het sy uitgehardloop na die swembad en haar vir haar eerste swem van die dag gegaan en dan weer met haar nat pote deur die huis kom hardloop.  en as die swembad se heining toe was, het sy in hulle waterbak gaan staan en haarself nat gespat.  wanneer ons geswem het, was die girl ook altyd in die swembad.

DSC00066

oral sien ons iets wat ons aan haar laat herinner.  die tuinslang waaraan sy gekou het.  een van haar hare op my swart trui.

ons mis haar geweldig baie.  Rommel mis haar baie.  ons het haar onder die grootste boom begrawe.  maar vir my, sal sy altyd in my hart begrawe wees.  want dit is daar waar sy hoort.

ons is lief vir jou, ons groot meisiekind.  sasha op bank

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Junie 8, 2009.

2 Responses to “ons mis jou, sasha”

  1. Troeteldiere is soos mens se kinders. Gelukkig het julle mooi herinneringe van Sasha om altyd te bewaar.

  2. Hierdie is liefdevolle honde. En pragtig!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: