ditjies en datjies

sjoe, ‘n maand het verby gegaan sedert ek laas geskryf het.  ‘n vinnige update:

Die kabouter:

die kabouter het vir die eerste keer rugby gespeel.  kleuterskool rugby.  en ‘n baie trotse ma moet darem eers spog:  die kabouter het ‘n 3 gedruk.  Baie geluk my liefling.  maar ek moet ook sê:  ek dink nie die kabouter is ‘n sport mens nie.  hy is te veel van ‘n dromer.  hy het nie veel van die rugby gehou nie.  maar ons het darem die 3 gaan vier met ‘n ete by die spur.

Ons ry eendag en skielik kom die woorde van agter:  Ek is ‘n bloubul.  Manlief gooi amper die bakkie om.  want sien…  ons is stormers….  en skielik besluit die kabouter hy is ‘n bloubul.  Maar dit is sy keuse.  en ek is bly hy kan sy eie keuses maak.  sonder ons druk.

gepraat van druk.  druk by kleuterskole is groot.  Ben 10 (een of ander karakter op TV) is nou die in-ding.  kabouter het ben 10 hempde, ben 10 pajamas, ben 10 hoed, ben 10 onderbroeke – kort nog net ben 10 sokkies.  wonder watter gier is weer volgende jaar.

My kabouter kind hou nie van swemklassies nie.  hy hou van swem – maar met kop BO die water.  dit is ‘n stryd om hom te oortuig om vir sy swemklassies te gaan.  toe kry ek die troefkaart – Ouma sal elke keer gaan kyk.  nou kan hy nie wag vir swemklassies nie.  maar hy weier nog steeds om sy kop onder die water te druk.

my kabouter kind hou van speel.  hy is gek oor computer games.  sy gunsteling op die oomblik is Spore.  wat hy saam met sy pa speel.  natuurlik is sy pa nie altyd so impress nie, want dan het pa nie meer ‘n computer nie.  en die kabouter speel met pa se gesaved games.  en neuk natuurlik alles op…..  maar hy geniet dit – so what….  die kabouter speel ook met speelgoed.  natuurlik het hy dinosaurs.  elke liewe een.  grotes en kleintjies.  vettes en maeres.  van pers tot geles.  en wait for it….  hy ken elkeen se naam.  (en ek nie….)  volgens hom word jou intelligensie gemeet aan die aantal dinosaurs se name wat jy ken.  wel, ek ken net 5 name.  en daarom (om sy woorde te gebruik) is Mamma nie baie slim nie….

Oral in die huis is speelgoed.  in sy kamer.  in die badkamer en in die tv kamer.  ‘n tydjie terug besluit ek en die pa dat ons ‘n sitkamer ook moet kry.  ‘n plek vir grootmense.  Ons skuif die huis ‘n bietjie rond (ons doen dit gereeld…  ).  En voilla ons het ‘n sitkamer…  sonder ‘n koffietafel.  die koffietafel in die TV kamer is ‘n plaas.  jip.  die plaashuis staan daarop.  die diere staan oral rond en die karre is ook netjies geparkeer.  Soos dit ‘n goeie vrou betaam, verkoop ek die treadmill om ‘n koffietafel by Wetherleys te kan koop.  (ek is gek oor Wetherleys).  Wel, dis soos dit gelyk het ‘n uur nadat die tafel afgelewer is….

Maart 2009 049ja wel.  hoe meer spasie – hoe meer vreugde…

Maart 2009 046Hierdie is die ou koffietafel – wat toe sommer nou Dinoland geword het.

Mei 2009 0071 copyMei 2009 021 copyMei 2009 035 copyMei 2009 030 copy Hierdie fotos was almal geneem by ‘n vriendin van my se seuntjie se Shrek Party.   kyk vir Princess Fiona…..

Die Prinses

Die prinses raak nou elke dag net ouliker.  sy is nog steeds net so kleintjies en fyntjies.  ek kry baie opmerkings daaroor.  Die dokter se sy het net ‘n vinnige metabolisme en eendag sal sy dankbaar wees daaroor…  (definitief nie v my gekry nie).  sy sit nou al mooi regop.  die boude is party maal nog ‘n bietjie rond en dan val sy om.  sy is ‘n baie soet babatjie (okey, ek weet elke ma dink so.)   en sy is baie maklik ook.  slaaptyd is geen probleem vir prinsesse nie.  jy sit haar net op haar troon (cot), maak toe met ‘n kombers en druk ‘n speelding in haar hand.  binne 5 minute, slaap sy…  en indie oggende speel sy eers vir sowat 40 minute in haar cot voordat sy begin moan.  gee ma darem kans om eers klaar te maak.  nog steeds net so lief vir kos.  sy kry tot nou al mieliepap by die skool.  maar die girl hou nie van mense met ‘n hoed op nie.  daai onder lippie trek dan so en dan begin die die trane rol.  dis so dierbaar….  en nog steeds nie tande nie….  die onderste enetjie wil wil nou begin uitkom.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Mei 28, 2009.

2 Responses to “ditjies en datjies”

  1. Hi D 😉 Baie oulikke post. Jou kiddies is verskriklik oulik.

  2. Hi Fairy, sjoe jy is skaars hoor!! Ek sien jy hou ook van Oranje, my plek is ook baie oranje, is mal daaroor.
    Jou kiddies is pragtig!!
    Ek het ouma geword verlede week woensdag, pragtige dogtertjie, en al klaar so lief vir haar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: