kamp is nie (net) vir sissies nie

en dan besluit ons om te gaan kamp….  nie 10 km van ons huis nie.  nie eens 100 km van ons huis nie…  soos gewoonlik oordoen ons ‘n bietjie:  ons wil innie kaap gaan kamp:  1300 km van ons huis.  dit is ons eerste volwaardige kamp as ‘n voltallige familie.  (my man se twee kids gaan ook saam).  Soos gewoonlik doen ons deeglik navorsing oor alles.  ons het alreeds die meeste gekoop vir ‘n vorige kamp-ondervinding wat toe nie gebeur het nie. 

Die eerste ding wat ek oral lees is:  BEPLAN.  blykbaar is dit een van die mees belangrikste goed om te doen.  en ons doen toe die beplanning.  Ek maak lyste of Excel wat skrik vir niks nie.  (okey, ek is excel-mal…..  alles doen ek op excel…  ek reken excel is die beste uitvindsel….)  daar is ‘n lys vir elke liewe ding:  kombuis, slaap area, kos, klere, first aid kit, kinders, die prinses se bagasie (wat ons liewers met ‘n trein moes aangestuur het), die groot kinders se bagasie, toerusting.  wragtig ‘n lys vir alles.  altesaam 8 bladsye..  Alles is op die lys, behalwe:  die mense wat moet gaan kamp, die voertuig waarmee ons ry en die sleutels vir die voertuig.  So, ons het die belangrikste gedoen…..  BEPLAN….

maar wat niemand jou vertel het nie, is dat jy moet tyd neem om alles te pak.  Alles lyk goed op papier, maar hel,  om alles gepak te kry in ‘n kwessie vir ‘n uur of twee, is moeilikheid soek.  Tyd was teen ons.  Die prinses het brongitis gehad en soek 100% aandag 100% van haar wakker tye.  Ek moet ‘n troue klaarmaak en die polka dot papier in SA is uitverkoop.  (ek kry toe darem papier die dag voordat ons moet ry en op die dag wat al die goed eintlik klaar moes gewees het…) so die aand voordat ons ry, maak ek menus, verpak truffels in organza sakkies, ek maak naamkaartjies en alles tot 2 uur in die oggend.   ons pak darem die kombuis goedjies en die groot goed in die bakkie.  april-2009-011-copy2      april-2009-012-copy1Ek kry 12 uur die middag af van die werk, maar die dokter wil my sien oor toetse wat ek laat doen het.  en soos gewoonlik wag ek ‘n uur vir hom.  Ek kom by die huis en gooi net alles in tasse.  ek gryp net hier en daar.  3 uur verlaat ons klerksdorp:  eerste stop:  KIMBERLEY.

ons slaap die aand by ons liewe vriende, Hano en Ronel en hul dogter Emma.  moet nie die 4 been kinners vergeet nie:  Seltjie en Dexter.  ons besef ook daai aand ons het geen badgoed vir die prinses ingepak nie….  wa is daai lysies……

ons gaan eet lekker ontbyt die volgende oggend saam met hulle.  en val so 12 uur weer in die pad…  Ons slaap die aand oor in Beaufort Wes by die Karoo Nationale Park.  april-2009-055-copyHeerlike plekkie.  net jammer daar was geen koffie of suiker in die chalets gewees nie.  Die volgende oggend voor ons verder kaap toe ry, (okey…  ons gaan nie weer oorslaap voordat ons die kaap haal nie…), doen ons die Fossil trail.  april-2009-059-copyek moet bieg:  dis net 400m lank….  maar die kabouter geniet die geraamtes van dinosaurs wat in die karoo voorgekom het.  april-2009-064-copydie prinses geniet nie eintlik die uitstappie nie.  sy word so toegedraai dat sy in elk geval niks kon sien nie, want die wind waai woes.  en ons wil nie weer ‘n bronchitis-prinses he nie.  Naby Ceres tel ons vir ouboet en ousus op.  sjoe,  hulle het omtrent groot geword.

Aangekom by die kampeer terrein en almal spring ewe fluks aan die werk.  april-2009-074-copyalmal behalwe die prinses natuurlik.  Die lê op ‘n stoel en beloer alles.  april-2009-080-copyna ‘n paar keer se probeer is die tent op en ek en ousus pak die hele kombuis uit.  april-2009-180   april-2009-187en toe ouboet en ousus se tent.  hubby, ousus en die kabouter gaan besoek die badkamer en los vir my en ouboet by die tent.  ons oorkant bure stop by hul chalet.  en dit groet vreeslik vriendelik.  3 mans…  en da dog hulle seker ‘n vrou gaan alleen hierso kamp.  dit smile van oor tot oor.  die kyke was egter die teenoorgestelde toe hubby daar opdaag.  die teleurstelling was ooglopend groot.  hie hie hie.

kamp is vir kinders.  kinders wil buite lewe.  kinders wil in strate speel tot laataand.  kinders wil met ander kinders speel.  kinders wil net by die kampterrein bly (of by die see) – geen shoppingsentrums nie…  kinders wil by ander mense ander dinge leer wat hul ouers hul nie geleer het nie (soos tol-gooi en hoe om met vuur te dans)april-2009-087-copy.  ouers is net ‘n bysaak by die kamp.  dog ook belangrik, want hulle moet die kos voorsien en alles aan die kant hou (en natuurlik skottelgoed was….)  MAAR kamp is ook vir ouers.  dit laat ouers ‘n ander sy van hulle kinders sien.  iets wat hulle nooit by hulle eie huise beleef nie.  geen kinders wat moan omdat daar niks op die TV is nie.  geen kinders wat moan omdat die ander een te lank in die badkamer vat nie.  geen kind wat kla dat hy/sy verveeld is nie.  geen kinders wat eers watter tyd in die nag gaan slaap nie.  geen laatslapers nie.  ouers kry tyd vir daardie boek wat hy/sy by die vorige kampsessie begin lees het en nog nie weer aangeraak het nie.  Kamp gee ouers ook meer tyd vir droom:  oor alles, soos die stra

En babas en kamp:  wel, babas is kinders.  en soos ek hierbo gese het:  kinders hou van buite wees.  die prinses het dit op haar eie manier net so baie geniet.  bedags buite op haar matras geslaap.april-2009-273  die seelug het die eetlus aangehelp. 

So, kamp is nie net vir sissies nie, nee, dis vir boeties, mammas en pappas.  dis vir gesinne.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op April 22, 2009.

One Response to “kamp is nie (net) vir sissies nie”

  1. Sjoe! Ek het LEKKER gelees! En ek’s baie beindruk met hoe goed toegerus julle was. Alles lyk sommer mooi netjies en agtermekaar. En jou prinsessie…sjoe! sy’t GROOT geword! Na dese kyk ek met nuwe oe na kamp. Dis waar wat jy se: kamp is nie vir sissies nie, dis vir gesinne.

    Dankie vir ‘n lekker inskrywing!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: