Die week wat was…

Ek het uiteindelik begin werk. ek moet sê ek geniet my werk regtig baie.  baie baie baie nuwe dinge om te leer.  maar ek geniet dit.

Die kabouter het dinosaurs kaarte gekry.  die dino-mal-kind van my is so gek oor sy kaarte.  en natuurlik wil hy net games speel op die pc.  ons het Ratatiouli se game by vriende gekry (hulle het gedink dit is die dvd).  miskien ‘n bietjie moeilik vir hom, maar daai muis spring en vreet appels, woes….  Ons het  hierdie week ‘n pakkie van Kalahari. net gekry.  ons is absoluut gek oor hierdie plek.  2 boeke vir die kabouter, 1 boek vir mamma en pappa oor die europa (ons beplan ‘n toer na duitsland aan die einde van die week), Big Boet graad R & 1 vir die kabouter asook ‘n dino game.

die kabouter geniet vir Big Boet baie.  hy is klaar met die 3 – 5 jaar ene.  die een wat ons nou ontvang het, is ‘n bietjie meer in sy kraal.  hulle is besig om die alfabet te leer by die skool en dus wil hy nou alles klank.  gaan nogal goed vir ‘n outjie wat sopas 5 geword het.

die prinses het agtergekom sy kan Brrrr dat die spoeg so spat.  dis haar nuutste stokperdjie.  dit lyk darem of sy die skool geniet.  slaap nog ‘n bietjie te min na my sin by die skool, maar ten minste slaap sy in die aand.

maart-2009-004-copy

maart-2009-016-copy

maart-2009-021-copy

maart-2009-034-copy

gister was ‘n lekker panne-koek-weer-dag by ons gewees.  ons het Arthur and the invisibles gekyk.  baie oulik vir kinders en natuurlik die grootmense.

maart-2009-045-copy

die kabouter het die eetgoed gemaak:  peanutblokkies

meng 20 cream crackers (fyngemaak) met 1 blik karamel kondensmelk en 250g peanuts.  maart-2009-0061

maart-2009-009

maart-2009-010(die muis was al klaar in die bak…..)

gooi dit in ‘n gesmeerde bak en sit in die yskas,  sny later in blokkies.  BAIE BAIE BAIE lekker.  dankie my skat.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 15, 2009.

2 Responses to “Die week wat was…”

  1. Hulle is te pragtig!

  2. Jou kiddies is regtig pragtig!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: