groete uit feetjieland

bubblefaeek het besluit om nie eers aan die einde v die jaar terug te kyk na my voornemens nie,  maar elke maand. 

mmm,  eerste voorneme:  nog nie die perfekte huisvrou nie, maar werk nog hard daaraan.  die skottelgoed-probleem is opgelos met ‘n skottelgoedwasser – dankie my liefling man daarvoor.  ek het die control dagboek opgestel en is meer in beheer van my lewe (indien my Mia-kind dit toelaat)

tweede voorneme:  mmmm,  klaar vakansie bespreek in die kaap by die see.  ons besluit hard daaraan om ‘n karavaan te koop om die weggaan makliker te maak. 

derde voorneme:  die jaar is my jaar….   het alreeds amper 7kg verloor.  nog 7 op te gaan.

vierde voorneme:  ek geniet hulle….

en dit is die voornemens….

Prinses Mia raak nou mooi groot – sy is nou 3 maande oud.  sy raak al hoe ouliker.  lag vir alles.  veral vir haar ma se snaakse gesigte. 

Kabouter Xander het begin met swemklasse.  hy geniet dit vreeslik.  dis wonderlik om te sien wat ander mense regkry met jou kind, wat jy nie kan nie.  hy weier dat ek sy kop onder die water druk, maar die swem tannie kan maar…

my gewese baas het my gevra om vir ‘n tydperk te gaan aflos op die myn.  groot besluit gewees, aangesien Mia dan 4 maande sal wees.  maar ek het besluit dit sal goed wees – bietjie die brein te oefen, tussen volwassenes wees en natuurlik die geld.  ons wil so ‘n paar mure uitbreek en die geld is net reg daarvoor.  weet nie tot wanneer ek gaan werk nie – die baas weet ook nie.

goed gaan met almal v julle. 

groete uit feetjieland.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Februarie 10, 2009.

One Response to “groete uit feetjieland”

  1. Ek kan sien hierdie gaan jou jaar wees. Voorspoedige nuwejaar~

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: