die lewe is net te kort…

fairydust2

ek hoor/lees baie dat ons mekaar moet waardeer elke dag, want die lewe is net te kort.  maar ek het nog nooit regtig stil gesit en daaroor gedink nie.  hoe kort is die lewe regtig.

ek is seker bevoorreg om te kan sê dat ek nog niemand na aan my aan die dood afgestaan het nie.  hierdie week was die eerste keer dat ek die “dood” van so naby gesien het.

my pa (stiefpa) het Dinsdag oggend geen gevoel in sy been gehad nie en is dadelik dokter toe.  die dokter doen toetse en sê dat hy het ‘n bloedklont in sy been wat die bloedsomloop vertraag.  hulle moet dadelik opereer.  ouch, want my ouers het nie medies nie.  dis iets wat hulle nog moet kry, maar nog nie daarby uitgekom het.  hulle is na die staatshospitaal en toe hulle die dokter uiteindelik na 2 ure te sien kry, hoor hulle dat daar nie ‘n chirug is nie.  hy moet Johannesburg toe gaan.  hulle bel Johannesburg se hospitaal en hoor dat daar ook nie ‘n chirug is nie, maar hy moet maar deurkom, hulle sal kyk wat kan hy doen.  die dokter sê teen daai tyd gaan hy sy been verloor. 

my hart is baie seer, want my stiefpa beteken vir my ongelooflik baie.  my seun aanbid die grond waarop hy stap.  en wat as daai bloedklont losskiet en deur sy hart gaan????  hoe verduidelik ek dit.  ek bel die privaat hospitaal om te hoor wat gaan so ‘n operasie kos.  R60 000.  ouch…..  ons betaal die deposito, want my pa se lewe/been is meer werd as dit.  ek sien nog nie kans om vir my seun te vertel dat sy oupa nie meer daar is nie. 

ek kry hulle by die ongevalle waar ons wag vir die dokter.  bly dat hy gehelp kan word en hoop dat dit nie te laat is nie.

die volgende oomblik stop daar ‘n ambulans.  ek sien hoedat hulle ‘n jong man uitdra en dadelik in ‘n klein kamertjie waar ‘n klomp dokters reeds wag.  langs my sit ‘n vrou.  spierwit en staar net voor haar.  dis die ma van daai jong man.  die dokters kom praat met haar.  sy val flou neer.  toe sy bykom is sy histeries.  die familie daag een na die ander op.  die pelle ook.  die jong man is net 18 jaar oud.  en het Dinsdagoggend sy laaste vak geskryf.  sy hele lewe le nou voor hom.  en toe ry ‘n kar voor sy motorfiets in.  hy le daar met ernstige inwendige beserings en bloeding op die brein.  later daai aand word hy na Pretoria vervoer met die helikopter.  hy is in ‘n koma.  ek weet niks verder van die seun af nie. 

maar dit het my diep geraak.  ek het nog nooit so iets beleef nie.  ek wonder hoe hy die oggend van die huis af weg is.  het sy ma vir hom gese dat sy lief is vir hom.  dalk het hulle baklei.  dalk het hulle mekaar nie eens gesien nie.  ons maak mekaar party maal so seer, maar dit is so onnodig.  want die lewe is net te kort…. en te kosbaar.

in elk geval:  dit gaan goed met my pa.  hy was in ICU gewees.  die operasie was so 3 ure gewees en hy het baie mooi herstel.  die bloedklont is verwyder.  hy is oorgeplaas na ‘n gewone saal. 

ons moet seker maak dat ander mense weet hoe ons oor hulle voel.  wys die liefde vir mekaar.  wees lief vir mekaar.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Desember 5, 2008.

5 Responses to “die lewe is net te kort…”

  1. Dit is baie waar, ons weet nie hoe kort ons tyd op aarde is nie en daarom moet ons daagliks ons liefde aan ons naaste bewys!

  2. Haai fairy ek was so lanklaas hier, ek is bly dit gaan goed met stiefpa, so ‘n ding het nogal die manier om mens tot stilstand te skok. Baie sterkte vir jou en jou familie…

  3. Dagse Fairy

    Ek glo die lewe is so kort dat elke oomblik wat jy mors om ‘n gelifde te vertel van jou gevoel en dit nie wys nie, vir ewig verlore is. Jy kry dalk weer ander kanse, maar daardie vorige een is weg vir altyd.

    Groete

  4. Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

    Kissie daardie pragtige kleinding vir my hoor!

  5. Fairy – ‘n wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en jou mense. Ek wens julle, vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: