wat is ‘n moeilike jaar…

electric_fairieswat presies is ‘n moeilike jaar????

‘n vriendin v my sê vir my verlede week dat sy baie bly is dat hierdie jaar verby is, want dit was maar ‘n moeilike  jaar.  dis toe dat ek begin dink:  wat is klasifiseerbaar as ‘n moeilike jaar.

en met die gedagte vra ek toe vir my vriendin hoekom sy sê die jaar was moeilik.  want so ver ek weet het daar niks vreesliks in haar lewe gebeur nie.  Sy sê toe dat daar het niks ernstigs gebeur nie, maar dit was net nie ‘n maklike jaar vir haar gewees nie.  dit het gevoel of alles skeefloop.  en ek besluit maar om niks te sê nie. 

maar ek dink by myself dat ons is so geneig om net die slegte in ons lewens raak te sien.  en nie die horde mooi goed nie.  ons konsentreer meer op die kar se tyre wat pap is, maar nie op die feit dat ons ‘n kar het nie.  ons konsentreer so op die moeilike dag by die werk, maar nie op die feit dat ons ‘n werk het nie.   en so kan ek baie voorbeelde opnoem. 

soos elke jaar hierdie tyd, luister ek na Highveld se Christmas Wish.  al verskil is dat ek hierdie keer by die huis is.  vorige jare het ek daarna geluister in die kar oppad werk toe (ek het 30km v die werk gebly).  en dan met rooi gehuilde oe by die werk aangekom.  ek was seker mense het gedink ek het huislike probleme.  nou kan ek rustig by my huis ‘n traan stort.  maar dis nou nie my storie nie.

hierdie wish het my opgeval:

18 NOVEMBER 2008

 

This wish is for Julia Masuku, from her employer, Elizabeth Normand. Julia has been the nanny and housekeeper for Elizabeth and her family for the past two years. She is a single mom of four girls, and over the past year Julia suffered severe trauma and had to overcome the loss of several loved ones. In April, Julia’s mom was diagnosed with a heart condition, which left her mother weak and unable to take care of herself any longer. In June, Julia’s neighbour and very good friend Sarah and her daughter were severely beaten and raped in front of Sarah’s three boys. Sadly Sarah passed away. Julia took Sarah’s children under her wing and takes care of them. In July, Julia’s brother’s wife passed away. Her brother Moses has problems with his feet and is therefore unable to earn an income. Moses and his two children are also supported by Julia. In August, Julia and her friend Anna were attached by two youngsters with AK 47’s. The tsotsi’s opened fire, and her friend Anna was shot and passed away on the scene. And so Anna’s four children also became part of Julia’s extended family. In October, her house was robbed and everything she held dear had been stolen, even the cups and duvets. To the rescue is Makro, who are going to give Julia R3500 in food and clothing vouchers a month for 12 months, and will give her R3000 to get burglar bars on her house.

toe ek haar storie luister op die radio, toe weet ek:  Julia het ‘n moeilike jaar gehad. 

my voorneme vir die nuwe jaar is om meer dankbaar te wees.  dankbaar teenoor God en dankbaar teenoor my medemens.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op November 21, 2008.

2 Responses to “wat is ‘n moeilike jaar…”

  1. Dis waar Fairy die lewe is vol mooi en lekker dinge wat ons moet waardeer. Daar is baie mense wat regtig swaar kry. Ons is al te geneig om met die wit brood onder die arm te kla!

    Ek luister ook die Highveld Christmas wish, natuurlik ook met rooi oë 😉

  2. Dagse Fairy

    Stem heelhartig met jou saam. Mense kla te maklik en gee te moeilik erkening aan die Skepper en alles wat hy vir ons doen.

    Groete en alles wat mooi is vir julle

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: