Die prinses is gebore

Uiteindelik is sy hierso.  die Girl waarvoor ons solank gewag het.  sy is gebore op 4 Nov 2008.  het 3.1kg geweeg en was 51cm lank.  Die Keiser was nie so lekker soos met ouboet nie, want eers het dit gelyk of die spinaal nie gaan werk nie en toe begin my bloeddruk val.  en omdat ek nie baie groot gedra het nie, het hulle gesukkel om haar uit te haal.  dit was vrek seer.  ek het my arme man se hand stukkend gedruk.  ek het haar net vinnig gesien en toe is ek weg.  verder kan ek niks onthou nie.  ek het eers in die kamer weer wakker geword.  ek vermoed hulle het narkose of iets gegee deur my drip.  maar alles was beslis die moeite werd.  toe ek daai gesiggie sien, was ek verlief gewees.

OuBoet vat sy rol baie ernstig op.  maar verder is hy nie eintlik baie gepla nie.  want sy kan nog nie met hom speel nie.

sy is nog baie soet en slaap lekker…..

maar hierso is die fotos van my prinsessie….

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op November 10, 2008.

7 Responses to “Die prinses is gebore”

  1. Ag Fairy sy is te pragtig! Baie geluk aan julle!!!
    Mag sy julle baie geluk en plesier sal verskaf!

  2. Baie baie geluk! Sy is pragtig!

  3. Jinne, het die tyd al so gevlieg? 😆

    Fairy, baie, baie geluk. Sy is ‘n pragtige ou dingetjie. 😉

  4. My virtuele peetkind is pragtig!!! Ek het nou nou aan ‘n woord gedink om haar te beskryf maar kan nie op ‘n gepaste woord afkom nie.

    Liefste Mia, jy gaan nog baie harte breek lyk dit vir my 😉

  5. Ag amper mis ek dit!!! Sy is te pragtig! Kyk net daai ou pienk kleertjies!!! En daai Ouboet lyk darem maar verskriklik trots! Baie baie geluk, mag sy vir julle nog vele seëninge bring.

  6. Baie Geluk!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  7. Sy’s so cute. Myne het net so bos hare.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: