I’m Back

Telkom het uiteindelik na 3 maande besluit om vir ons ADSL te gee.  is dit nie absoluut dierbaar van hulle nie.  dit was vir my absoluut heerlik om Saterdag en Maandag vir 4 – 5 ure op die telefoon met hulle te wees.  Dit was absoluut heerlik om Freshly Ground se (skielik irriterende) Doobie doobie (ek weet nie wat is die naam nie) te luister vir 8 ure lank.  dit was fantasties vir my 8 maande swanger lyf om op ‘n ongemaklike stoel te sit en aan te hou vir iemand wat nooit die telefoon gaan beantwoord nie.  En die hele ondervinding was fantasties vir enige swanger vrou se baie kort humeur.  ek het bloeddruk pille gedrink asof dit van die mark afgaan.  Ek wil nie he my baba moet te vroeg gebore word as gevolg van TELKOM nie.  wat gaan ek die kind noem:  Telkom??????????  En dit net dat hulle asb die modem moet reset sodat ek dit kan install.  En die beste van alles is, ek kan niemand spesifiek beskuldig van swak diens nie.  want elke keer wanneer iemand omtel om my te help, was hulle vriendelik en hulpvaardig (al het hulle my elke keer na 0800375375 deur gesit – ek is seker daar werk NIEMAND in daai departement nie…..)  dit vat net eeue voordat enige iemand die telefoon optel.  U oproep sal beantwoord word in ongeveer 10 minute, het toe 1 uur en 10 min geword…..

maar dit daar gelaat.  EK HET NOU ADSL en nou kan ek weer blog en almal se pragtige blogs lees.  het al begin, maaar het so baie om te lees.  sal maar elke dag iemand s’n lees.

ek is vandag amptelik 8 maande swanger en daarso is nog net 7 weke oor voordat Mia haar verskyning gaan maak.  Ek weet nie of ek moet opgewonde wees en of ek moet bang wees nie.  ek is beslis meer voorbereid en weet wat om te verwag is met die vorige ene.  ek het gedink babas kry en grootmaak is die maklikste ding wat daar kan wees.  ek het met my vorige kraamverlof besluit om sommer die hele huis binne uit te verf, want ek gaan baie tyd he.  ek het dan gelees dat babas slaap so baie.  sjoe.  dit gaan fantasties wees.  tyd vir myself…..   FOOOOOOOOOOOLLLLLLLLLLL  ek hoef seker nie vir julle te vertel wat is die realiteit nie….. 

ek wonder of ek gaan cope.  ek bly nou heeltyd moeg, hoe de hel gaan ek nog nagte opstaan en na die kleine mensie omsien.  want om alles te kroon het my liewe man besluit dis dalk nou die regte tyd om te trek….  die goudmyne se lewens is maar kort en hy het besluit dat Platinum se 96 jaar lewe is ‘n goeie move om te maak, dan kan ons kinders ook daarso aftree.  maar hy wil gaan voordat ek kraam….

waar gaan ek kraam??????  wat van my dokter????? Hubby gaan GEEN verlof he om na die kraam by my te bly en my te help nie (ek het hulp nodig na ‘n keiser….)  hoe gaan my seun in die oggende by die skool kom as ek eers na 6 weke mag bestuur?????  dan moet ek nog die huis in die mark sit ook – dink net hoe prettig is dit om vir mense jou huis te wys as jy in jou kamerjas is met ‘n week oue babatjie…  dalk kry hulle my baie jammer en koop die huis.  Ek gaan my huis mis.  so baie baie baie baie mis.  dis my droomhuis hierdie.  ons betaal ons gatte af elke  maand om in ons droomhuis te kan bly.  en daar moet ek in ‘n klein mynhuisie gaan bly totdat ons ‘n huis daarso kan koop vir dubbeld die prys maar helfde kleiner as wat ons nou het.  my honde en kids het soveel spasie in ons 2000m² erf.  ons het ‘n swembad.  daarso is die erf 400m².  ons huis is nou so groot.  ai, dalk is dit die swangerskap wat my so laat voel, maar ek gaan klerksdorp mis.  my kind gaan sy skool mis,  ek gaan my ouers mis.  wie gaan help as daar ‘n krisis is.  hierso is ma net 3km weg.  maar ek moet ook vir ‘n slag aan my liefste liefste liefste man dink (die liefste word met alle respek gesê en nie met sarkasme nie).  hy het al so baie opgeoffer.  hy het uit botswana padgegee sodat ek naby dokters kon wees.  ek weet hy hou niks daarvan om ondergrond te werk nie, maar hy doen dit nou vir my.  by die nuwe werk kan hy exploration doen, wat hy gek is oor.  so, ek het maar besluit om langs my manlief te staan en saam met hom te gaan.  maar het besluit om eers vir kleinding hierso te kry waar alles nog vir my bekend is, waar my moeder is, waar my vriende is, en die belangrikste, waar my dokter is….  ek sal dan vroeg volgende jaar by hom gaan aansluit.  ek, en my twee kids en die 5 honde…..

en so tussen alles deur is Mia se kamer reg….  het dit maar gedoen ten spyte dat ons dalk sal trek.  ten minste lyk dit darem nou mooi vir al die gaste.  hierso is my prinses se kamertjie.

badtyd en speeltyd vir prinsessies

badtyd en speeltyd vir prinsessies

slaaptyd

slaaptyd

Mamma se plekkie

Mamma se plekkie

dit was my dooprok 31 jaar gelede (nou weet julle hoe oud ek is.....)

dit was my dooprok 31 jaar gelede (nou weet julle hoe oud ek is.....)

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op September 17, 2008.

8 Responses to “I’m Back”

  1. Fairy, hoe lekker om te sien jy is weer online!!!

    Mia se kamer lyk pragtig en ek kan sien jy en sy gaan lekker tye hê in mamma se plekkie!

    Ek weet dat jy die beste van ‘n slegte saak gaan maak. Skreeu maar, ons kom met die helikopter!!

  2. Te mooi vir woorde, daai kamertjie! Ja, soos Zee se, maak maar die beste van ‘n slegte saak. Die heli staan reg! 😆

  3. Ag Fairy ek is so bly jy is terug!! Ek het net laas week by Zee gekla en gewonder waar is jy!! 😉

    Mia se kamer lyk pragtig!

    Sterkte vir jou!

  4. Hi FAiry ek is baie bly jy is weer met ons lol! Ek kan nie glo dat Mia al amper hier is nie… en haar kamer lyk pragtig!!
    Jy sal cope glo my! 😀

    Liefdetjes
    xxxx

  5. Het gou vandag kom inloer. Jou babakamer lyk pragtig, seker julle sien baie uit na die kleinding se koms

  6. Dis ‘n baie mooi kamer…

  7. ♪♪♫ier kom ou agterossie ook ongewals!!!♪♫♪ Amper al betyds vir die geboorte! Mia se kamer lyk pragtig! Die trekstorie laat al die haartjies op my rug regop staan. Ek is nounet daardeur en wens niemand dit toe nie!!! Sterkte vir jou!

  8. Hello Fairy

    Hier is ek ok met my spore in jou tuin. Sterkte vir alles wat ophande is. Mag julle geseend wees in dit alles.

    Groete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: