Wie dra die broek in jou huis?

ons het op ‘n punt v ons lewens gekom, waar ons moes besluit:  waarheen nou?????

ons moet kies tussen Botswana en SA.  nie ‘n maklike besluit nie.  vir die ander mense is dit so ‘n maklike antwoord:  Botswana Natuurlik, julle is mal as julle terugkom.  maar dit gaan om diepier dinge.  eerstens natuurlik die mediese fasiliteite hierso.  vandag ek swanger geraak het, is dit al waaraan ekke dink.  se nou ek verloor die babatjie agv mediese fasiliteite.  die naaste hospitaal is 400km van ons af.  nie te ver nie, maar die paaie is swak en daar is ongelooflik baie donkies en beeste op die paaie.  vir 50% v die pad, mag jy in elk geval net 60km ry.  wat gaan gebeur as die kleinding siek raak – geen ongevalle naby in die nag nie. 

hoe kies jy tussen geld en gesondheid.  die geld is goed in Bots – ons word in $ betaal, maar gaan dit my kleingoed lewendig hou….  Ag, en natuurlik is daar nog ander kleiner redes ook:  Seun moet kleuterskool toe gaan – hy raak nou gatvol vir sy ma.  Ma wil weer werk, maar mag nie hierso werk nie. 

maar my man is gelukkig by sy werk.  ons is actually gelukkig in Botswana.  of is ons???  op die regte tyd maaksy gewese werk hom ‘n aanbod.  die pay is goed.  ons sal met baie minder geld oor die weg moet kom, maar ons hartjies is gelukkig.   ons sal terug wees by almal en alles wat vir ons bekend is.  so, die besluit is:  ons gaan terug SA toe….

die nuus het baie vinnig versprei tussen die expats.  die vrouens bel my en vra hoekom.  hulle stemme is anders, bespeur ek envy…..  en ek begin dink aan al die SA vrouens hierso.  hulle lyk altyd so 100% gelukkig hierso.  maar is hulle????  hoekom is hulle dan so baie in SA????  hoekom gaan hulle elke maand vir 2 weke SA toe en se dan dit was hopeloos te kort????  is hulle dan werklik gelukkig hierso, of bly hulle maar net hierso ter wille van hulle mans???? 

help my asb. reg as ek dalk verkeerd is….  maar wie se geluk is belangrik in die huwelik?  die man s’n?  die vrou s’n?  die kids s’n?  wie maak die grootste besluit in jou huwelik?  dalk is dit omdat ek sonder ‘n pa groot geword het, dat ek baie onafhanklik is.  maar in ons huis, besluit ons altwee oor groot besluite.  ons albei (en die kids) se geluk is almal ewe belangrik.  ons spot altyd en se:  my man dra die onderbroek en en ek die die pantie.  ons is gelyk.  en dis hoe ons dit verkies.  maar ek kom agter dat baie ander huwelike (veral hierso in Bots) nie so werk nie.  die mans swaai die septer.  hulle woord is wet.  ten spyte oor hoe hulle vrouens voel.  ek wonder of hulle ooit weet hoe voel hulle vrouens…  of is Geld so belangrik?????

wie dra die broek in jou huis?

 

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op April 29, 2008.

16 Responses to “Wie dra die broek in jou huis?”

  1. MMmm, ek dink jy het dit nou mooi saamgevat. Manlief dra die onderbroek en ek die pantie! Net so daar in my huis ook.

    Ek glo geld is belangrik maar nie belangrik genoeg om jou geluk daarvoor op te offer nie. Ek sien met my sus in Angola hoe sy partykeer maar sukkel om die happy smile op te sit en dit daar te hou. Dit moet maar moeilik vir julle wees om so ver van al jou vriende en familie te wees. Sterke fairy!

  2. Ek dra die broek, maar Lyfie besluit watter een. Ons besluit saam oor alles, en geld tel baie minder punte as geluk of lewensvreugde.

  3. Ek het die broek in my huweluk gedra… dis nie so aangenaam om alle besluite alleen te moet neem. Sal veel eerder in n verhouding wees waar dinge bespeek en saam op besluit word.

  4. hallo fairy,

    ek is mal oor julle huwelik: jou man dra die onderbroek en jy die pantie! en saam dra julle die broek. in my hart glo ek dit is presies hoe dit veronderstel is om te wees.
    ‘n mens maak SAAM die besluite. ek dink dit is wreed en verkeerd as een persoon die besluite neem. dit is hoe ek voel.

    doen wat vir julle die beste is en vir julle gelukkig sal maak. jy begin jou inskrywing met soveel kommer oor die nuwe baba, en ek kan sien jy si betrokke by sy/haar ontwikkeling en gee soveel om. die hospitaal-situasie sal my ook pla, om eerlik te wees. doen wat jou en jou man sal veilig voel. wat reg voel.

    baie, baie sterkte.

  5. Hi Fairy,

    Hier klim ons saam in die broek in, hy in die een pyp en ek in die ander pyp!

    Geld is niks as jy nie geluk en gesondheid het nie. Ek was daar.

    Ek dink “julle” het die beste besluit geneem. Wanneer kan ek sê welkom terug in Suid Afrika?

  6. Ons dra ook maar so saam-saam aan die broek, maar by ons weeg geluk, gesondheid en tevredenheid veel-veel meer as geld. Ek dink ons neem 90% van ons besluite sonder om eers aan geld te dink. Doen net wat jou hart vir jou sê om te doen, en sterkte.

  7. Ek hou van almal se antwoorde en ek dink die meeste is op sy eie manier reg en het sekerlik binne die huwelik ontwikkel om geluk in die huis teweeg te bring. Die ware antwoord is duidelik in die bybel en as ons die bybel glo is dit die antwoord.

    Daar is basies twee hoofopdragte wat gebou is op die man en die vrou se behoeftes. Mans, julle moet julle vrouens liefhê. Vrouens julle moet julle eie mans respekteer. Dit is presies wat mans en vrouens verlang.

    Dan word die man as hoof van die gesin gestel soos wat Christus hoof is van die gemeente en dit is hier waar baie mans die pot mis sit of die verkeerde broek aantrek. Die bybel sê nie vir die mans dat hulle die broek moet dra nie, nee jy moet jou vrou liefhê soos Christus die gemeente liefhet. Het Jesus ooit uit selfsug opgetree? Nee!! Dit beteken mans, jy het outoriteit van God ontvang en daarom moet jy dit ten alle tye tot voordeel van jou gesin uitoefen en dit beteken dat jy nooit geld bo jou gesin mag stel nie.

    Mans moet altyd hulle vrouens raadpleeg met groot besluite en slegs waar daar geen ooreenkoms bereik kan word nie, mag die man die besluit neem en moet dan sy gesin se welstand, geestelik, sielkundig en liggaamlik (in daardie volgorde) in ag neem.

  8. In ons huis dra my man die broek want hy is die hoof in die huis. Ons praat met mekaar oor elke aspek in ons lewe. Ons koukus saam oor belangrikse besluite. Maar op die ou end is dit manlief wat die finale besluit neem en ek ondersteun hom daarin (of ek daarvan hou of nie). Ek weet manlief wil net die beste vir ons hê.

    Baie sterkte met julle besluit!

  9. Ek wil julle ‘n groot guns vra..?

    Wil julle nie asb vir my kyk hoe sterk die Family Radio se radio-uitsendings se opvangs in Botswana is nie.. die frekwensies is tussen 18h00 en 21h00 (herhaal tussen 22h00 en 01h00) op AM 1197khz en op die Short Wave vanaf 21h00 tot 23h00 op 3230khz en 6020khz (hulle stream 24 uur per dag op http://www.familyradio.com)

    Ek ondervind dat dit opvangs oor die AM 1197khz oor die motorradio veral baie beter is.

    In watter omgewing is julle woonagtig?

    Groete en Byvoorbaat dankie

    johannes coetzee

  10. Ek kan jou punt insien dat jy bekommerd is oor die baba, maar ek het ook met tyd geleer dat dinge gebeur soos dit moet en geen antwoord kom te laat nie.

    Geen huwelik of verhouding kan suksesvol wees wanneer een persoon besluite neem oor die ander se lewe nie.

    Sterkte :o)

  11. Hoe gaan dit Fairy?

  12. Ons besluit saam oor dinge, praat en bedink dit saam… Gelukkig is daar nie baie verskille oor ons besluite nie! Dit maak dinge ook sommer lekkerder om saam te doen!

  13. Fairy,
    Ek weet nie hoe ek hierdie inskrywing van jou gemis het nie. Ek is in presies dieselfde bootjie as jy. Ek is nou permanent terug in SA. My seuntjie MOET begin mak word en kleuterskool toe gaan. My man bly agter in Angola. Soos jy se, die geld is goed, en hier in SA sal hy dit nooit kan kry nie. Verder is sy kleur, geslag en ouderdom ook nog teen hom!
    Dis vir my bitter lekker om terug te wees. Met die klem op ‘bitter’. Ek mis my man, maar weet ek doen die regte ding vir my kind. Julle is gelukkig om saam weer terug SA toe te kom.

  14. Ek glo alles is 100% elk! Dra gelyke verantwoordelikheid vir besluite. Dit is die enigste manier! 😉

  15. Fairy ons mis jou!

  16. Fairy, het julle nou al klaar getrek. Hoe gaan dit en hoe gaan dit met ons babatjie…. Mis jou! 😦

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: