heimwee vanaand…

myspace20magick20-20drl20-20fairy20.gifvanaand mis ek suid-afrika baie.  sommer net vreeslik baie.  more voel ek dalk weer anderste, maar vanaand wil ek net weer in SA wees. 

ek was vandag dokter toe om te gaan kyk of alles oraait is met die kleinding (die naweek het ons gedink daar kan dalk ‘n miskraam wees).  die dokter stuur my vir ‘n sonar.  dit het my omtrent 1 uur gevat om die plek te kry – ons het nie straatname nie.  ek was toe al na aan trane.  ek kry toe uiteindelik die plek.  toe sukkel ek om parkeerplek te kry.  besluit toe maar om op die sypaadjie te parkeer (soos al die ander).  toe onthou ek dat ek sopas al my geld by die dokter uitgegee het.  ek kry ‘n ATM….  met ‘n ry van 40 mense.  ek gaan staan toe maar geduldig.  en ek staan.  en ek staan.

uiteindelik, met geld in die handsak, handsak styf onder my arm vasgedruk, loop ek na sonar gehou.  toe ek instap, toe weet ek.  hier gaan ek nie vinnig uitkom.  ek gaan maar na die ontvangs en gaan gee my doktersbriefie.  betaal my geldjies en gaan sit in die ry.  al het ons ‘n mediesefonds, is dit al plek waar hulle sonars doen = staatsdiens fasiliteite. 

en ek wag vir 3 ure in die ry.  ek is later moeg van selfoon games.  en toe uiteindelik mag ek ook ingaan.  teen daai tyd is ek al anti-botswana. 

ek klim op die bed.  en kyk die kussing.  o no ….  hare…..  agge nee.  ek wil naar word.  ek draai die kussing om en gooi ‘n plastieksak bo-oor.  die dokter/of-wie-ook-al loer my net.  ek loer terug. 

en hy kry dit nou maar eenmaal nie reg nie:  my van word my naam en my naam word my van.  ek is moeg en baie na aan trane en wil nie sukkel nie.  en wragtig vra hy:  hoekom is jy hierso??  ek dog ek hardloop weg.  EK – IS – SWANGER!!!!  

en uiteindelik doen hy die sonar.  nie tegnologie is nie wat wonders hierso in bots nie.  maar ek sien my kind(ers) se hartjie(s) klop.  ek vergeet ewe skielik waar ek is en dat ek eintlik nie daar wil wees nie.

hy kan nie eintlik veel vir my se nie.  kan net sien die baba(s) is oraait.  nie hoeveel nie, niks nie.  en ek moet oor ‘n uur my verslag kom haal.  se gat.  ek sal dit more kom haal.

ek kom 5 ure nadat ek die huis verlaat het, weer by die huis.  moeg. gatvol.  en nog steeds na aan trane

en ek mis SA.  ek mis my dokter wat alles binne ‘n halfuur sou doen. ek mis die 1 km na sy spreekkamer sonder veel verkeer.  ek mis al die parkeerplek voor sy spreekkamer.  ek mis die 5 meter van sy spreekkamer na die sonarkamer.  ek wou so graag sien hoe lyk my babatjie(s).  ek wou so graag weet hoeveel daarso is.  ek mis skielik ook my ma (by wie ons vanmiddag sou gaan koek eet het om die baba weereens te vier).  ek mis sommer my werk ook.  ek mis al my vriende.  ek mis pizza.  ek mis fruit en veg.  ek mis my honde.  ek mis 7de laan.  ek mis die 20 tree na spar.  ek mis ordentlik teerpaaie.  ek mis ordentlike verkeer.  ek mis ordentlik mince vleis.  ek mis koffie (okay, dit het niks met botswana uit te waai nie, net die swangerskap – maar ek kan seker oor daai een ook heimwee kry)

maar ek weet, more voel ek beter.  maar ek mag seker nou so voel…. want ek is swanger…

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 31, 2008.

10 Responses to “heimwee vanaand…”

  1. Ag wat, ek gun jou daai heimwee. Ek is ook soms so, sonder enige rede. En ek weet nie of jy ook so is nie, maar na ‘n week in SA kan ek nie wag om terug te kom nie!

  2. Fairy, voel jy beter vandag. Een van die dae is jy by jou eie dokter en dan kan ons darem sien hoe lyk die kleinding!

  3. Boendoe, ek stem saam met jou. net ‘n week in SA en ons soek die rustige Botswna.

    Zee, dankie, ek voel al beter. en dis nog net ‘n paar slapies….

  4. Ai tog, swangerskap laat jou ook nog boonop alles 10 keer erger ervaar as normaal veral emosies….vasbyt en sterkte!!

  5. Sterkte vir jou. Jy mag maar hier op ons skouers kom huil…

  6. Ai baie sterkte…ek kan die frustrasie verstaan en sou net so gevoel het.

  7. Ai die hormone maak dit ook nie makliker nie, né? Toemaar jongie, een van die dae is jy terug. Vasbyt!

  8. Hi Fairy,

    Ek hoop jy voel sommer stukke beter!

  9. Vasbyt Fairy. En jy mag maar jou land en jou ma mis, veral as jy swanger is. Ek mis gewoonlik my ma as ek siek is, en ek is eintlik na regte helemaal te oud om oor my ma te huil as ek siek is 🙂

  10. Hi Fairy hoe gaan dit met jou??

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: