babas

met my seuntjie se verjaarsdag elke jaar, is my hartjie so effens seer.  want ek besef nog ‘n jaar is verby.  nog ‘n jaar van probeer is verby.  nog ‘n jaar van geen swangerskappe is verby.  my seun raak ouer.  gaan hy alleen groot word? 

my hart is hartseer.  hoekom werk dinge net nie uit soos mens dit beplan.  kindertjies so 2 jaar verskil.  maar dinge werk nie altyd uit nie.  ek dink weer aan al die probeer slae.  aan al die doktersbesoeke.  aan die hoop elke maand.  en dan daai ongelooflike teleurstelling.  en dan maar weer hoop.  dis al waaroor ek kon dink.  dis al waaroor ek gelees het.  en as ‘n vriendin swanger raak:  jy is so bly vir haar part, maar diep binne in jou is dit seer.  jy huil binne. 

dokter kon niks fout kry nie.  die enigste raad wat hy kon gee:  bedank, raak rustig.  jy is te gestres.  jy sal nooit swanger raak nie. 

die mense se vrae maak ook seer.  die verwyte oor hoekom kry jy nie vir jou seun nog ‘n boetie en ‘n sussie nie.  die meeste kere het ek iets stupids soos “ek geniet hom nog te veel” of “hy is nog te veel vir my” vir hulle gesê.  later het ek maar die waarheid vertel.  al het dit hoe seer gemaak.

hierdie jaar was die seer weer daar, maar so ‘n bietjie anders.  ons besluit dat dit dalk beter gaan wees om dit te stop.  dit te aanvaar.  die ouderdomsverskil begin raak nou groot. 

toe ons botswana toe trek, was almal se woorde:  nou gaan jy swanger raak.  dalk oor ‘n jaar of wat.

 en vandag doen ek ‘n swangerskaptoets en dis dadelik positief.  die dokter was reg.  ek was 2 maande in botswana.  dis die plek om te wees.  die rustigheid.  die geen stres. 

ek is opgewonde – blerrie baie opgewonde.  dankie Liewe Jesus vir hierdie klein babatjie.  dankie!

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 19, 2008.

13 Responses to “babas”

  1. Jimmel, Fairy, ek is so bly ek kan die eerste een wees om jou geluk te wens! Ek is so, so bly vir julle. Toe ek jou storie lees, toe dog ek dit gaan ‘n hartseer einde he. Gelukkig toe nie! Man, ek is baie opgewonde vir jou part! Mooi so! Aanhouer wen! 😛

  2. Jislaaik baie geluk. Vir ‘n paragraaf of twee het ek gedink ek is besig om ons eie storie te lees. Ek en lyfie verstaan nogal daai maandelikse teleurstelling waarvan jy praat.
    Het julle nie perdalks ‘n plekkie in die agterplaas vir ‘n ou tentjie nie? 🙂 Net vir ‘n maand of 3. Hehehe

  3. Baie geluk! Dis darem die wonderlikste gevoel om te weet daar groei ‘n nuwe lewe binne jou! Ek hoop jy hou ons op hoogte van die vordering.

  4. Fairy, baie baie baie baie geluk. Ek is so bly vir jou part. Ek sit hier met trane in my oge vir jou Fairy. Jou droom is bewaarheid!

    Kan jy nie maar organize vir Jaco hulle om bietjie daar te kom uitkamp nie 🙂

  5. O net nog iets, ek dink daardie “Dis ‘n gewigtige saak” ticker is nou iets van die verlede hoor!

  6. Magtig, jou gelukkige Fairy! Baie geluk! Sien dis hoekom ek van blogging hou, dit maak jou Dag!! Ek voel lus om ‘n riel vir jou te dans, shit as ek kon dig het ek nou vir jou ‘n gediggie geskryf. Sterkte, geniet dit en pas jouself mooi op!

  7. Ek het ook laasweek uitgevind dat ek swanger is. Ek sal hier bly inloer en kyk hoe dit met jou gaan. Baie geluk.

  8. Baie geluk!!

  9. jaco, julle kan maar hierso kom uitkamp. sal vir julle mooi sorg.

  10. Baie geluk Fairy! Lekker naweek hou!

  11. Net gou hierso om vir julle ‘n baie geseënde Paasfees toe te wens. (Hou asseblief vir my n eiertjie oor hoor!)

  12. Hi Fairy….

    Dit is great nuus, wonderlik. Baie geluk aan julle.
    🙂 🙂 🙂

  13. More AfrikaBosfeetjie,

    Ek word nie nou weer self mamma nie maar gaan ouma word van ‘n seuntjie op Augustus 10. Ons het ook die hartseer van ‘n baba verloor verlede jaar beleef maar God was goed vir ons en nou is klein Retief oppad. Ek sal graag met jou wil gesels – o.a. oor babas maar ek dink ons het ‘n klein ietsie ingemeen – gebehalwe baba – ek is baie lief vir die boendoe!!!!!!! Jy is welkom om my te kontak by e-mail – ek sien uit. Liefde groete uit SA, Elsie Hullyer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: