die pou, die bosluis en die partytjie

ondsc00353.jpgs kry vroeg oggend twee besoekers van langsaan:  twee poue.  pragtig in die tuin.  waar ek by my computer sit, staar ek na die tweetjies.  so galant stap hulle deur my tuin.  drink water uit die bak.  ek staar na hulle.  en die volgende oomblik sien ek ‘n swart streep…..  my worshond.  en die volgende oomblik hoor jy poue wat skree.  hulle hardloop rond.  kry nie tyd om weer terug op die muur te spring nie.  en ja,  worshond kry die mooie mannetjie beet.  hy skree en die trane loop oor my wang.  die einde van die storie:  hy het geen fisiese gate in sy lyf nie, maar ook geen stert vere nie.  dit het sy lewe gered van ‘n worshond wat net wou wys dat hy ‘n groot voël kon vang….

wel, die bosluis,  hy het my man gebyt en die sit met bosluiskoors…… (dis nou my man, nie die bosluis nie)

En so breek my seun se verjaardagpartytjie aan.  Dinosaur partytjie, want alles is deesdae net dinosaurs.  Ek werk hard om alles vir my enigste en pragtigste seun te doen.  bak selfs ‘n koek (wat baie min, indien ooit, gebeur).  ek beplan baie aktiwiteite, van lawa berge tot fosiele opgrawings.  dit gaan ‘n partytjie wees wat niemand gaan vergeet nie. 

ja wel, vir die eerste keer in 2 maande reen dit in botswana. 

maar die partytjie was nogmaals ‘n groot sukses.  nie prettig met 15 kleuters in jou huisie nie.  maar hulle vermaak hulleself.  speel in die reen, skiet mekaar met die watergewere.  (ek moes eintlik op die uitnodiging gese het dat hulle droe klere en handoeke moes saambring).  maar my kind is gelukkig en dit is al wat saakmaak.dsc00363.jpg

dsc00371.jpg

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 15, 2008.

6 Responses to “die pou, die bosluis en die partytjie”

  1. Fairy, dit is n stunning koek. En al die ander goetertjies wat jy bygemaak het. Dit klink of hulle die partytjie geniet het ten spyte van die reen.

    Ek dink jy moet maar klein Zee se 2de verjaarsdag koek kom bak 😆

  2. Jislaaik, dis pragtig! Hoe het jy dit gedoen?

  3. Hi Fairy, very very nice hoor, tot Dino eiers ook!
    Jy is baie oulik.
    So jammer die pou het sy stertvere verloor, maar eerder dit en hy is okay. Sterkte met die sieke:)
    Groete

  4. Jammer oor die pou… en jou man!

    Daai koek!! ai vrou kom gee my lesse!! 😉

  5. Jou storie oor die pou laat my smile. Dit klink so bekend! Jare gelede het ons tarentale gehad, sommer los geloop in die tuin. Eendag is ek op die foon en kyk deur die venster na waar die tarentale loop met hul kuikentjies. Die volgende oomblik kom ons worshond en byt elke liewe kuiken morsdood! Ek was sprakeloos! Kon nie glo dit gebeur reg voor my oe nie!
    Dis regtig ‘n stunning koek! Hou veral van die eiers, baie oulik.

  6. As jy nou ‘n laat geskenk wil gee vir R89, die boek het ‘n plakaat ook in en is baie mooi geillustreer is dit: Dinosaurs of Africa, dit is pas uit. Pragtig. (jy kan dit bestel, Struik het dit uitgegee en Kalahari sal dit he)

    Die koek is stunning.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: