Don’t judge a book by its ……

a6.gifek het onlangs ingeteken by ‘n chat room….  om presies te wees die SSSB chatroom.  en glo my as ek dit sê:  dit is verslawend.  ek droom al daarvan.  ek gaan loer kort-kort wie is daarop en waaroor gesels hulle.  ek leer die mense ken.  dis soos nuwe vriende, soos mede-werkers….  Jy begin raak geheg aan die mense, aan hulle lewens….

maar ek kan nie help om te dink:  wie is hierdie mense regtig?  is hulle dit wat hulle sê hulle is?

met sekere mense kom jy gou agter watse persoon hulle is.  Daar is die moederlike tipes, soos Sommer.  met haar voel ‘n mens baie gou tuis.  dan is daar die grapperige tipes:  hopeloos te veel om op te noem.  hulle sit ‘n smile op jou gesig, maar ek wonder altyd:  watse hartseer steek hulle alles weg.  dalk is die chat room ‘n manier om uit die werklikheid te ontsnap en om iemand te wees wat net laf is.  sonder die seerkry van die lewe.   dan is daar die persone wat ‘n mens altyd laat wonder:  wie is hierdie persoon regtig?  hy/sy vertel van sy/haar lewe, maar jy bly wonder….

en dis tog waaroor chat rooms is:  ons kan chat, sonder om as mens gejudge te word.  daarso kan jy maer, vet, mooi, lelik, kort of lank wees en niemand gaan jou judge nie.  jy kan in ‘n aandrok chat, jy kan in jou PJ’s sit of sommer kaal:  niemand gaan weet nie.  jy kan chat met trane in jou oë en almal kan dink jy is ‘n grapjas.  jy kan die persoon wees wat jy nog altyd wou gewees het.

en hoekom chat ek, wel dis blerrie verslawend en ek like die geselsies….

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 14, 2008.

4 Responses to “Don’t judge a book by its ……”

  1. AfrikaFairy, ek dink ook die chat is verslawend 😆
    Moederinstinkte…..

  2. Hi Fairy, yip, baie verslawend! En dan ook Flinkdink, glo dit of nie….
    En ek voel spesiaal elke keer as ek inlog en al die chat maats groet my!
    n Virtual ego!

  3. Die chat is nogal verslawend en ons het die ongelooflikste vriende daar gemaak, maar daar is ‘n ander kant ook.
    Dit is al ongeveer 5 maande dat ek en lyfie nie meer aktief chat nie, ek loer nog so af en toe in en alhoewel ek feitlik niemand meer ken nie, sal dit so maklik wees om te bly en saam te gesels . . .

  4. Hi Afrika Fairy
    Ek het jou blog ontdek – Jy was lanklaas op chat pak seker nog!!
    Like jou blog!!

    sssb – Thasia

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: