diere en kinders…

fairy4.gifvandag kom speel Xander (my seuntjie) se maatjie.  5 jaar oud en vrek bang vir my worshonde.  ek vra die ma daarna uit.  die kind ken nie diere nie. 

 dit het my verstom. 

ek is nie verstom omdat sy bang is vir die honde nie, maar dat kinders nie geleer word om met diere saam te werk nie.  hoe om diere te hanteer.  hoe om respek vir diere te he!

dalk is ek verkeerd, ek weet nie.  maar diere is vir my verskriklik belangrik.  dalk omdat ek in ‘n wildtuin groot geword het en ek op ‘n tyd ‘n renoster gehad en ‘n valk en ‘n flamink, en ‘n… en ‘n…. .  alle diere wat seergekry het, het ons aangehou en gesond gemaak.  En toe ek uit die huis is, het ek 2 worshonde aangeskaf.  en toe ‘n Boerboel. en toe labrador.  en toe ‘n kind.  en toe ‘n yorkshire terrier (my seun het ‘n sussie gesoek, toe kry ons vir hom die terrier en noem haar sussie). 

respek vir diere is vir my BAIE belangrik.  die dag toe ons vir xander van die hospitaal afbring (2dae oud) het ons hom op die grond neergesit en die honde het hom ontmoet.  ek het nie geweet wat om te verwag nie, want die hele tyd was hulle ons kinders.  en hulle het geruik en gelek en tevrede weggestap.  en van kleintyd af het xander met hulle gespeel.  mooi met hulle gespeel. daar was dae wat ek bang was dat hy ook dink hy is deel van die 4-voetiges, want as ons brood uitgedeel het, het hy ook in die ry gestaan.    en my kind het ‘n liefde vir diere ontwikkel.  as ek met die honde raas omdat hulle blaf, sê hy vir my ek moet mooi luister hoe die honde gesels.  hy verstaan hulle. 

ek glo dat saam met respek vir diere kom respek vir mede mense.  en is dit nie belangrik dat ons kids dit moet leer nie.  net met respek kan ‘n kind nog ver in die wereld kom. 

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 10, 2008.

5 Responses to “diere en kinders…”

  1. ek kan nie meer met jou saamstem nie. kinders behoort sommer van kleins af sover moontlik te leer om respek en liefde vir diere te he, hoe om hulle behoorlik te versorg en hoe om vir hulle verantwoordelik te wees. diere kan so ‘n ryk deel van ‘n mens se lewe wees en skep ‘n globale prent oor die natuur by ‘n kind.

  2. Jou laaste paragraaf som presies op wat fout is in ons samelewing vandag. Daar is te veel mense wat vir niks of niemand meer respek het nie,

  3. ek stem. ek voel ook dat mense wat diere mishandel veel, veel swaarder gestraf moet word as ‘n opgeskorte vonnis van 3 maande en ‘n boete van R1500. dis nonsens en watse boodskap stuur dit uit/ jy kan maar ‘n hond agter ‘n motor aangesleep of sonder kos laat en dit is al wat jy kry?

  4. ek dink dis baie belangrik dat mens kinders van kleins af leer om respek vir als wat lewe te he. Ek kan dit nie hanteer as mense wreed teenoor diere optree nie, want as jy ‘n dier sleg kan behandel kan jy dit met ‘n mens ook doen.

  5. Ja nee, ons het ook nog altyd diere gehad. Eers net katte en honde. Toe die laaste kat wegloop, was dit voëls, maar mak goedjies wat ons met die hand groot gemaak het. Het nie in hokke gebly nie, maar die hele huis vol!

    Na hulle ook die tydelike met die ewige verwissel het, het ons die twee worse gekry wat ons nou het. En hulle is so stout, maar ek kan nie my lewe sonder hulle voorstel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: