To bribe or not to bribe…. that is my question….

04.giftoe ek so 5 jaar terug swanger was met my seun, wou ek net die beste ma wees.  ek was maar dom met die ma-ding, want ek het geen broers of susters nie.  maar ek het besluit om net die beste te wees.  ek het elke liewe tydskrif gekoop en elke liewe boek op CNA se rakke wat oor babas, kinders en parenting gegaan het.  en dis al wat ek gelees het.  oral in die huis het die boeke gele:  op die bedkassie, langs die toilet, op die koffietafel, in die kombuis, en sommer in die kar ook.  ek het elke woord verorber.

en toe my kleintjie gebore word, het ek die boeke se raad gevolg tot op die laaste punt.  vandag is ek spyt daaroor, want ek het so gestres as alles nie presies gebeur soos in die boeke nie.  maar elke kind is dan anders.  hoe kan alles presies in die boeke vertel word.  maar so het ek die boeke se raad en leiding gevolg tot my seun so 18 maande was.  my seun was maar lui vir praat.  hy het gehardloop, hy het verstaan en hy het gepraat, maar nie genoeg woorde volgens die boeke nie.  ek dink die tydskrif het gese:  teen 18 maande behoort jou kind 500 woorde te praat.  en hy het seker about 200 woorde gese.  hy het ‘n agterstand en ek het begin woorde vir hom leer.  die volgende maand was daar ‘n klein notatjie in die tydskrif was se dat die aantal woorde ‘n tikfout was, dit moes eintlik iets soos 200 gewees het.  en net daar het ek besluit om alle boeke weg te gee.  my kind sal ek van nou af op gevoel grootmaak.  hoekom ‘n kind druk, as hy nog nie reg is daarvoor nie.  en ek koop ook nie meer enige parenting boeke nie.

so, nou maak ek my kind op gevoel groot.  ek weet nie of dit wat ek doen reg is nie, maar dit werk vir ons tweetjies.  maar die probleem wat ek nou deesdae ondervind met die klein kabouter is dat die ore nie altyd wil hoor nie.  ek dreig en dreig en toe begin ek omkoop:  as jy mooi stil sit, sal ek vir jou ‘n paaseier by die huis gee.  en die kabouter sit stil.  ek het agtergekom dit werk darem te lekker en begin dit nou meer male doen.  ek ry met ‘n voorraad paaseiers rond.  en die kombuiskas is ‘n voorraad paaseiers en ek sal moet aankoop voordat paasfees om is. 

maar is dit die regte ding om te doen?????  moet ek die kabouter omkoop?  of sien ek dit as net ‘n beloning vir goeie gedrag?????

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 7, 2008.

5 Responses to “To bribe or not to bribe…. that is my question….”

  1. Toe my mannetjie klein was, het ons ‘n plakkaat teen sy muur gesit. Dan het hy ‘n sterretjie gekry vir elke keer wat hy gehoorsaam was. As hy dan ‘n sekere aantal sterretjies het, kon hy kies wat se geskenkie hy wou hê. Nie groot goed nie, ‘n karretjie of ander speelding wat hy graag wou hê. En wat my opgeval het, was dat hy daardie beloning dan baie mooi opgepas het, want hy het dit nie sommer net gekry nie, hy moes dit verdien.

    Dis seker ook omkoop in ‘n mate, maar dit het baie goed gewerk, en hy is vandag ‘n baie selfstandige grootmens.

  2. Fairy, met klein Zee het ek toe ook mos nou al hierdie boeke gaan koop (asof ek nou nie geweet het nie) wat dit was maar weer van vooraf begin. Maar soos ek aangegaan het, het ek gevoel dat boeke net ‘n riglyn is en nie die ja en amen nie.

    Ek dink Dellie het ‘n uitstekende voorstel. Sodra klein mannetjie groot genoeg is om te verstaan gaan ek dit ook doen!

  3. ja nee Dellie se raad klink uitstekend. sal dit definitief probeer

  4. Ek’s mal oor Dellie se idee en gaan dit beslis gebruik.
    Fairy, ek het ook die boeke opgeswot en toe die baba kom, toe vergeet ek alles! Senuwees was klaar en het klaar gebly vir amper ‘n jaar. Anyway, wat ek eintlik wil se^ is die boeke se^ afpersing is ‘n groot NEE en met my 1ste kind sou ek seker saam met die boeke gestem het. NIE met die 2de. M.a.w. persoonlikhede verskil. Wat met die 1 kind werk, werk nie altyd met die ander 1 nie.

  5. Dellie se plan klink of dit kan werk!
    Ek is glad nie lief vir slaan nie, maar sit my kleintjie in die badkamer vir 4 minute (1 minuut vir elke jaar). Hy haat dit verskriklik, en ek hoef hom net met die badkamer te dreig, dan is hy gewoonlik weer in lyn!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: