my huisie – hier voel ek tuis

a22.gifmy grootste concern is toe ons Botswana toe trek was nie gewees of ons sou aanpas nie.  ook nie dat ek bang was vir ‘n nuwe land nie.  die feit dat ek huisvrou sou wees, het my ook nie gepla nie.  maar die ding wat my nagte laat wakker le het en laat wonder het of ek sal dit sal maak in Botswana:  was die nuwe huis se wit mure. 

 Ek HAAT wit mure.  Ek het geweet dat ons mag nie die mure verf nie.  my man het skelms gesmile daaroor, want vir twee jaar hoef hy nie een muur te verf nie.  (dis nou hoe lank ons kontrak is in Botswana).  Ek het vir nagte wakker gele:  is ek reg om in ‘n wit-muur-huis te bly.  sê nou dit walg my. 

Almal wat my ken, weet dat ek van kleur hou (en van huis renovations).  Toe ek in matriek was, wou ek met alle mag net Interior Design gaan swot het.  maar pappie het gevoel ek moes eers ‘n regte kwalifikasie kry en aangesien hy die studies gaan betaal het, het ek maar rekeningkunde gaan swot.  ek het geen aansporing nodig om mure uit te slaan nie (en jy hoef my nie eens kwaad te maak nie).  ek het op ons hele huis binne uit geverf toe ek 7 maande swanger was.  ek het gehelp teels le deur nag.  ek het probeer bou en pleister (maar dit was nie ‘n groot sukses nie – het gelyk soos afrika vorms).  maar ek het dit so baie geniet.  my man spot en sê dat die mure gaan so baie lae verf op he, dat die vertrekke later kleiner gaan wees.  Net nadat ons ons huis gekoop het (in SA), het die vorige eienaar kom hallo se.  ek kon die skok op sy gesig sien.  ek het al die nuwe, mooi hout kombuiskaste uitgehaal en al my antieke losstaande kaste in my nuwe blou geverfde kombuis gesit.  en sommer die muur uitgekap na die eetkamer sodat ons kan kuier en kosmaak en by die koolstoof kon kuier.  my seuntjie was 6 maande toe hy ons gehelp het om klippies in die nuwe sementvloer in te sit.  klein maar getrein.

toe ons in Botswana was vir die onderhoud, was dit vir my belangrik om die huise te sien.  nie of daar winkels is nie.  nie of daar ‘n skool was nie.  ek MOES net die huise sien.  maar soos my kop ook werk:  dadelik die potensiaal in alles raak gesien:  wens ek kon daai muur uitkap – dalk as ‘n mens die vertrekke kon omruil, sou die vloei v die huis beter gewees het.  maar ai, daai wit mure.  dit het soos n seeroog uitgestaan.  met room gordyne.  JIGGIE!!!!!!!!!!!!!!

met ons eerste opkomslag na Bot, het ons net genoeg spasie in die bakkie gehad vir klere en my kind se speelgoed.  en die twee worshonde natuurlik.  (die ander honde moes bly).  en vir die volgende tyd het ek soos ‘n vreemdeling in my huis gevoel.  niks was bekends nie.  alles was so koud.  niks prente teen die mure nie.  niks kleur nie.  alles so klinies gelyk.  selfs ‘n B en B is meer huisliker.  Ek het geweet ek sal iets moet doen.  ek kan nie vir 2 jaar in ‘n huis bly wat nie soos myne voel nie.  ek is selfs te bang om die sitkamer te skuif – dit voel nie soos myne nie. 

“ek het ‘n brainwave gehad” sê ek een aand vir my man.  “hoeveel gaan dit kos” wil hy dadelik weet.  ag nie te veel nie.  hy weet ek is ‘n lady vir ‘n bargain.  en ek vertel vir hom v alles wat ons moet koop as ons weer SA toe gaan.  ek maak lysies.  ek meet vensters.  ek meet vertrekke.  en ek maak nogmaals BAIE lysies.  hoe langer die lysies, hoe groter my man se oë. 

en net voordat ons weer SA toe trek, word my finale salaris tjekkie inbetaal.  what a bargain.

die 4 dae in Sa was hopeloos te kort.  ek was heeltyd in die winkels.  (as vriende my wou sien, moes hulle maar winkel toe gaan).  natuurlik enige vrou se droom om haar huis heeltemal oor te decorate.

 Die bakkie was volgelaai.  regtig baie vol.  net bokse en sakke waar jy kyk.  ons het die maandag aand baie laat in Botswana aangekom (met geen elektrisiteit nie – load shedding).  en net alles so neergesit in die eetkamer.  ek kon daai aand skaars slaap, ek was so opgewonde soos ‘n kind. 

vroeg opgestaan.  manlief is werk toe.  en ek, ek het begin uitpak.  gordyne opgehang.  throws oor die banke en kussingtjies.  skilderye teen die mure (van my eie wat ek self geverf het).  selfs die kombuis het ‘n paar vet vrouens teen die mure (gelukkig mag ons spykers inkap).  teen 5 uur daai middag is ek klaar.  ek staan terug en skielik word dit so warm binne in my.  dit voel soos my plek.  die mure is nog steeds wit, maar die gordyne maak alles helder.  wynrooi en oranje, self ‘n bietjie blou iewerste.  badkamers is sag en vroulik.  kombuis lyk landelik met die mandjies en die outydse byeenkomstighede. 

ek kon nie wag dat manlief terug kom nie.  sy gesig het boekdele gespreek.  “dit voel nou soos ons huisie, my lief” is al wat hy uitkry.  ek smile.  “dink jy dit is die geld werd” vra ek saggies.  “elke liewe sent” sê hy en gee my ‘n soen.  en ek weet….  ons sal goed aanpas in Botswana.  ons is by die ons huis.

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Maart 4, 2008.

3 Responses to “my huisie – hier voel ek tuis”

  1. ai ek sou wat gee om so die strate in te vaar en als nuut te koop… om n nuwe tuiste vir my en my seun te skep sonder al die herhinderinge aan die ou goed gekoppel…

    Geniet dit somer baie! 😀

  2. Ek kan sommer hoor jy is ‘n ware, opregte TUISTESKEPPER! Ek haat wit en minimalisties met ‘n passie. Gee my kleur en ‘n warboel goeters! Op ‘n stadium was my huis se mure allerande kleure geverf: oranje, rooi, groen…selfs pienk! En dit het (vir my!) stunning gelyk!

  3. Mmmm, wens ek kan die kleurskema sien van jou huis!

    Hoop nie jy het jou manlief bankrot gemaak nie 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: