my kabouter kind

x-smile.jpggister by Spar gesels ek met die vrou agter die till.  sy kyk na my seuntjie en vra:  “Is that your sister?” “say again” vra ek baie verbaas.  “Is that your sister?” vra sy weer.  ek smile:  “no it is my son”  wel, dis ‘n baie groot kompliment vir my.  lyk ek dan so jonk om nog ‘n suster te he?????  nie so ‘n groot kompliment vir my seun nie. 

s4021207.jpg 

 ons is al gewoond daaraan dat almal dink hy is ‘n dogtertjie.  Baie mense sê hy is te mooi om ‘n seuntjie te wees.  Aan die begin het dit ons nooit gepla dat almal dink hy is ‘n dogtertjie nie.  Die hare het mooi gegroei – mooi lang lokkies.  maar toe vlieg ons eendag.  ek en hy het van Namibia af gevlieg en toe ons ons paspoorte moes wys, wou hulle hom nie deurlaat nie.  die paspoort se Male en dis dan ‘n female hierdie.  selfs die mense wat agter ons in die vliegtuig gesit het en die hele 2 ure met hom (en Barney) gesels het, vra toe ook ewe skielik of dit dan ‘n seuntjie is (hulle het ook gedog hy is ‘n dogtertjie)  Gelukkig hoef ek darem nie die nodige bewyse te lewer dat hy wel ‘n seuntjie is nie, en word toe weer toegelaat in SA.

dsc00072.jpg

 maar toe kom die groot besluit:  Hare sny.  my hart was hartseer.  wat moet ek doen?  moet hy maar kort hare he en almal dink hy is ‘n seuntjie of moet hy lang hare he en as ‘n “dogtertjie” groot word.  Ons sny toe maar die hare.  Ek herken my kind skaars.  my seuntjie kyk in die spieel en vra wie is daai kind.  ek huil.  dit was ‘n groooooooot fout. 

  s4020413.jpg

 maar toe kom die groot besluit:  Hare sny.  my hart was hartseer.  wat moet ek doen?  moet hy maar kort hare he en almal dink hy is ‘n seuntjie of moet hy lang hare he en as ‘n “dogtertjie” groot word.  Ons sny toe maar die hare.  Ek herken my kind skaars.  my seuntjie kyk in die spieel en vra wie is daai kind.  ek huil.  dit was ‘n groooooooot fout. 

s4021270.jpg

maar gelukkig groei die hare weer.  nie meer so baie krulle nie.  En deesdae eet hy al sy groente, want dan gaan sy hare groei.  hy sal net iets eet wat sy hare sal laat groei. 

s4020102.jpg

En al sê party mense hy lyk soos ‘n dogtertjie, is hy ‘n regte seuntjie.  baie bloukolle en skrape, speel heeldag buite met karrtetjies en plastiek diertjies.  maar hy is vreeslik lief vir sy ma.  hy sal kort-kort inhardloop net vir ‘n ou soentjie vir mamma.  As ek siekerig voel, gaan haal hy een van sy vitamien pilletjies, want dan sal mamma beter voel.  Hy is vreeslik lief vir diere – altyd besig om een van die honde te soen en ‘n drukkie te gee.

dsc00056.jpg

hy is my kabouter kind.  my liefling kind. hy is myne!!!!!

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Februarie 19, 2008.

7 Responses to “my kabouter kind”

  1. Jy het n Pragtige seun! ek het net so gesukkel met mense wat dink my kleinding is n meisie en het toe ook maar gaan hare sny, maar die goed groei so vinnig ek moet dit elke maan of twee doen… ek weier volstrek dat hulle dit af skeer! hulle sny dit net mooi skool lengte en dis dit!! 😀

  2. Jou seun is gelukkig om so ‘n liefdevolle ma te hê! …maar wat gaan julle maak as hy skool toe begin gaan? Ai, ai, dit sal jammer wees as stug skoolreëls hom van sy lang lokke weerhou! sterkte met die grootmaakproses 🙂

  3. o gaats mnr muller. ek het nooit daaraan gedink nie. is daar nie iewers is ‘n skool wat dit sal toelaat nie…..

  4. Afrikafairy, net die naweek se my dogter ons moet klein Zee se langerige hare sny, dit krul dan noou te vreeslik. Nee wat, dit moet lank word, maar na ek jou post gelees het, dink ek die haartjies moet maar waai binnekort. Snaaks dat die mooi seunskinners met lang krulhare altyd vir dogtertjies aangesien word, al het hulle seuns klere aan! 😉

  5. Pragtige, pragtige seun! Oe, hy gaan eendag baie harte breek! 😉

  6. My man het so 2 weke terug sy voet lelike in ‘dit’ gesteek by ‘n kinder partytjie, waar daar ook so pragtige kind soos joune was, maar sy hare was nog langer. “Pragtige dogter wat jy het” seg hy die ma. Sy’t ongelukkig nie gedink dis snaaks nie, maar die pa het darem my man getroos. Bleikbaar kry hulle die aanmerking baie, maar hulle het sy hare laat groei oor hy bak ore het. Jou seun is voorwaar ‘n ou engeltjie en het die mooiste ogies.

  7. Dierbaar! My jongste se hare is KORT, maar dis ‘n moet agv die hitte. As sy haartjies net effens lank raak, is dit ‘n gesweet van ‘n ander aard.
    Roer is reg – hy het die mooiste, lewendige ogies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: