Dis ‘n GEWIGtige saak

sept16f22.gifin elkeen van ons is daar iewers ‘n maer feetjie wat nie kan wat om uit te kom nie.  Ek het ook so ‘n feetjie diep binne in my, maar ek ignoreer haar.  ek voer haar kos – lekker kos.  sy moan en groan en ek voer haar kos.

maar ek het besluit tot hierna toe en nie verder nie.  hoekom moet ek met verlange na die swembad kyk, terwyl almal hulleself geniet.  hoekom kan ek nie weer kort somer rokkies dra nie. 

En wie is die bliksemse persoon wat besluit het vet is nie mooi nie.  dit sou net die lewe makliker gemaak het, as almal rondom ons ook vet was.  as die maer mense met verlange na ons gekyk het en gewens het hulle het soos ons gelyk.  as ‘n mens nie meer maer-mense klere in die winkels kon kry nie.  as al die modelle so ‘n bietjie spekkies om die heupe gehad het.  dan hoef ons nie ons geld te spandeer om maer-word produkte en gym-lidmaatskap nie.  ons het dan meer geld gehad vir lekker ryk pastas en heerlike soet goedjies.  en die maer mense moes geld spandeer op produkte om hulle vet te maak.

 wel, dit gaan nie gebeur nie en hoe gouer ek dit besef hoe beter.

Stap een:  Oefeninge.  Nog nooit my sterkpunt nie.  Ek moet gedwing word om oefeninge te doen.  Dus gaan soek ek ‘n Personal Trainer.  ek kry ‘n vriendelike maer enetjie.  dierbare mensie.  dis wat ek gedink het.  Sy doen die assesment.  Eerstens die skaal.  Ek probeer om nie te kyk nie, maar haar sug sê alles.  Sy skribbel iets neer op haar papier.  toe word die vette gemeet.  sy druk die ou vetjies met haar tang, sug en skribbel dan weer.  Ek moet oefeninge doen.  sy kyk my kwaai aan – verbeel ek my of sien ek ‘n hitler-snortjie by haar.  sy is omtrent ‘n dril sersant.  ek doen sit-ups, push-ups, klim trappe.  en toe kom die groot praatjie:  2 goeie punte:  ek lewe en ek doen goeie push-ups.  I smile breed.  Darem nie te erg, dink ekke.  maar toe kom al die ander POOR punte:  oorgewig vir my ouderdom.  BMI is poor, sit-ups poor, hartklop poor.  maar al die goed het geweet, sy hoef dit nou nie so attend daarop te maak nie – anders sou ek mos nie daar gewees het nie.  HIERSO IS BAIE WERK – is haar laaste woorde.  En so word ek to ‘n masogis (spelling???).  ek pynig myself om na haar toe te gaan.  sy laat my oefen, sy laat my hardloop.  Ek woon haar army-kamp 2 keer ‘n week by en die ander drie dae gaan oefen ek voorbeeldig by die gym.  Stap een is gedek

Stap twee:  EET.  sjoe, dis seker die moeilikste een.  met ‘n vierjarige seuntjie wat die hele dag peusel is dit nog moeiliker,  met ‘n man wat soos ‘n ruspe eet en nooit vet word nie – blerrie moeilik.  Maar dit moet gedoen word.  my man gee sy volle ondersteuning (moenie laat ek agterkom dat hy dink ek is vet nie).  En ek begin eet gesond.  baie vrugte en groente.  baie water (jikkie) min koffie (aggenee) en geen soetgoed nie!!!! ek dink die hele dag aan daai lekker soetgoed, daai lekker pastas.  ek smag daarna om ‘n chippie uit my seuntjie se bord te steel.  ek smag na enige iets wat vet maak.

En om te wys hoe ernstig ek oor my gewig is, sit ek ‘n Weightloss Ticker op my blog om vir die wereld te wys hoeveel ek moet afval en hoeveel ek reeds afgeval het. 

groete

Die chubby feetjie

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Februarie 13, 2008.

2 Responses to “Dis ‘n GEWIGtige saak”

  1. Hey chubby feetjie!

    Ek deel jou sentimente oor alles. Ek het ook heelwat gewiggies wat moet afkom, maar tyd vir oefening is basies NUL. En ek haat oefening. Ek wou rerig laasweek begin stap het saam met my vriendin in die aand, maar toe voeter ek mos by die trap af, en ek begin nou eers herstel! Ons probeer maar weer volgende week!

    Maar hierdie ou countertjie van jou wat wys hoeveel jy verloor het, mag dalk net die inspirasie wees wat ek nodig het! Sterkte vir jou, een van die dae is jy petite feetjie! 😆

  2. Haai chubby no 1, chubby no 2 hier. Die oefen kan nog gaan maar ai, die EET, dit is die moeilikste deel vir my. Gaan jou Ticker volg hoor, en jy sal maar moet oefen hier oppie blog as hy opgaan 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: