Die land v Melk en Heuning? Miskien

fairy-11.jpg“ek dink ons moet gaan” sê my man, die sexy geoloog.  Dis ‘n groot besluit.  Dis nie sommer net vir: “kom ons ry vir die naweek Kruger Wildtuin toe” nie.  Ons gaan alles en almal wat ons ken agterlaat.  dit maak my hartseer!  aan die ander kant is ek opgewonde oor ‘n nuwe land, ‘n nuwe kultuur, ‘n nuwe lewenswyse. 

 Dit was 4 maande gelede en ons bly nou al 3 maande in Botswana.  Maklik was dit beslis nie.  om my ouers te groet was swaar.  om van my werk (waarvoor ek gelewe het) te bedank, was beslis baie swaar.  om al die vriende te groet, nog swaarder.  om my kind uit sy bekende omgewing uit te haal, was seker maar vir my die swaarste.  hy verstaan nog nie lekker nie.  om my meubels en my goedjies agter te laat, was hartseer.  om my groot honde te groet, was hartverskeurend. 

 ons het ons klere gepak en een oggend baie vroeg die pad gevat.  Met geen idee wat vir ons voorle nie.  die feit dat ons nog ‘n huis het om na terug te keer, maar dinge ‘n bietjie draagliker.  voordat ons begin ry, koop ons so vir ou laas ‘n Wimpy koffie.  my seun wil weet of ons al in Botswana is – ons weet dit gaan ‘n baie lang pad wees.  die worshonde le gedoze van die veearts se moetie. 

Botswana is meer as wat ons verwag het.  die rustigheid oorval ons.  elke aand as ons buite sit, met ‘n glasie wyn, en kyk hoe mense met wit klere gedoop word in die river en die apies speel bo ons koppe in die bome, dan weet ons – dit was tog maar die regte besluit.  Dis mos hoekom ons op aarde is.  om ons aan God se skepping te verwonder.

Dankie Botswana!  dankie vir goedkoper diesel en petrol.  dankie vir minder kragonderbrekings, dankie vir rustige nagte sonder enige geweld en verkragtings.  dankie dat my kind weer kind kan wees, dankie vir geen bedelaars om elke straathoek, dankie vir geen straatverkopertjies, dankie dat ons weer kan lewe.

Om in Botswana te bly is soos om jou brood aan twee kante gebotter te he.  ons het die meeste winkels wat ons in SA ook he, maar ons mis Pizzas, ons mis beter paaie, ons mis beter vrugte en groente.  maar as die verlange te groot raak is SA net om die draai. 

 Dis mos die lewe!!!!

Advertisements

~ deur AfrikaFairy op Februarie 11, 2008.

11 Responses to “Die land v Melk en Heuning? Miskien”

  1. Hi,

    Nice plekkie wat jy hier het, sal beslis weer kom inloer!

    Geniet jou dag!

  2. Hi, snaaks hoe ek nou hier op jou blog beland? ons ook op die uitkyk vir ‘n ander plek…bly in johannesburg op die oomblik maar wil uit. Die denke aan die land verlaat laat my maag draai. Strangely enough het my man laas week Botswana genoem…ons wil gaan maar ons kan nie afrika los nie. Ons kyk nou baie enrstig na Namibie. Was as al daar en was MAL oor die plek! Well done dat julle die groot stap geneem het – dink aan ons wat nog besluit. Die donkerte maak die besluit darem effens makliker 🙂

    Rene

  3. Botswana is soos om in SA te bly, net ‘n bietjie beter. ons is gek oor die land. ek is oorspronklik van Namibia, maar deesdae gaan dit ook ‘n bietjie rof daarso (net minder kragonderbrekings). ons is naby genoeg aan SA om darem ordenliklike shopping te gaan doen. maar hierso is alle winkels: Pnp, Spar, Spur, Woolworths, Game, etc. watse werk doen julle???

  4. Hi afrika fairy , snaaks dat ek nou hier kom loer het om jou te vra wat doen JY in Botswana vir n lewe . Ek sal regtig waardeer as ons bietjie kan gesels

  5. Hi Caroline. my man is ‘n geoloog (in die mynbedryf – goud) en ek is ‘n accountant, maar vir eers ‘n huisgodin. Beplan julle ook om Botswana toe te kom? laat weet, dan chat ons.

  6. Jou blog is stunning, baie interesant en ek sal nog baie kom kuier hiersoe. Chat lekker op SSSB!!!

  7. Ekke tag jou vir die boek speletjie … gaan kyk op my blog…

    http://delliesedinge.wordpress.com/2008/02/11/ja-ek-lees-toe-ook/

  8. Hallo Afrikafairy. Ek en ‘n vriendin was ‘n jaar gelede in Botswana en ek was mal oor die plek. Oorweeg beslis om daar te gaan bly. Kry nie veel inligting op die net oor verblyf nie. Miskien kan jy my raad gee. Dankie

  9. Eerste keer hier en ek hou van wat ek lees.

    Ek beny julle en sal graag met jou wil gesels. (ook maar in die Fin wereld.) As jy wil, gooi vir my ‘n e-pos by eben.pretorius@letaba.com

    Groete

  10. AfrikaFairy, ek is mal oor jou blog. Sal weer kom inloer.

  11. Hi Paula,
    Ek is so jaloers as ek jou Botswana stories lees – ek was seker die eerste Afrikaanse enkellopende jong girl in 1994 toe ek oor die grens gery het en Gaborone my tuiste gemaak het vir 7 jaar. My beste tye ooit gehad.
    Ek het in Isis Village ( by Tlokweng hek gebly )
    Sjoe, julle is bevoorreg ! Ek sal more terug trek!
    Mag 2010 jou Jubeljaar wees. Ek love jou blog –
    Anandi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: