I LOVE BLACKBOARD PAINT
My liewe liewe liewe man, het gesê ek kan die een vertrek gebruik vir my craft kamer. Daar is reeds heelwat kombuis kaste ingebou. Ek mag al die boonste kaste gebruik. Die onderste kaste word tans gebruik vir die kampering goodies. (ek is al klaar besig om te dink waar om die camping goodies te stoor….)
so, die afgelope 2 weke is die vertrek geverf – gras groen. die kaste is spierwit geverf. en die een muur – candy rooi. kaste uitgewas en hard besig om alles in te pak.
maar ek kan nie begin craft as alles nie georganiseerd is nie. ek irriteer myself met die perfektheid. my grootste probleem was om die Embellishments te organiseer. al die prentjies, die letters en goedjies…. ek besluit toe om dit alfabeties te sorteer…. (sien, ek hou daarvan om myself te straf). ek betaal tot die kabouter R5 om te help. Ek koop ‘n klomp plastiek houers en sorteer woes. terwyl ek so sorteer wonder ek hoe om die bottels te merk… want 30 bottels is baie. eers dink ek daaraan om letters op te plak, maar party houers bestaan net uit een item, soos blomme of skoenlappers. Die blik swartbord verf tref my oog…..mmmmmmm….. hoe verf mens dit op plastiek……
so verf jy dit op plastiek:
neem stickers – enige stickers – ek het skoolboek stickers gebruik
verf dit met swartbord verf
en plak dit op die houers en teken daarop met swart bord kryte

HI!!!!! My skoonsus Maggie het geweet van wie ek praat, toe ek nou so op my blog skryf van ons ontmoeting
Ek is so bly, want genade ek het skaars met jou gesels. Sorry!
Dit was lekker om jou te ontmoet. Ek waardeer dat jy oorgeloop het om my te kom groet.
Ek neem aan jou seuntjie het ook daar rugby gespeel. Het hy dit ook so baie geniet?