Kabouter kamer
Ek het besluit om elke maand vir hierdie jaar (en hopelik die jare vorentoe) ‘n vertrek te neem en heeltemal uit sorteer. elke liewe ding. skoonmaak en weggooi en organiseer.
omdat ons met die bouery net met ‘n paar vertrekke op ‘n slag moes klaarkom, het organisering ‘n nagmerrie begin word. ons moes plekkies vind vir die vertrekke wat leeggemaak moes word. so was ons kookpotte in die kabouter se kamer. nadat die hael die stoorvertrek se dak "vernietig" het, het ons baie van daai goed in die nuwe badkamer gestoor.
dis waarom ek besluit het om elke vertrek reg te pak.
die eerste vertrek was die kabouter se kamer. hy het hopeloos te veel speelgoed. (nota aan myself….. KOOP MINDER SPEELGOED……) maar eerste moet ek sy kas uitsorteer. Alhoewel hy baie netjies is, en ek sy kas altyd probeer netjies hou, het dit ‘n bietjie hand uit geruk. daar is te veel klere in wat te klein is.
So, dis die BEFORE foto (ek laat my kop in skaamte sak om so ‘n foto te wys)
en so
(soos jy kan sien word hy net toegelaat om stickers BINNE in sy kas te plak en nerens anders nie)
Eerstens het ons die laai uitgesorteer.
onderbroek laai eerste – uitgegooi wat te klein is en die ander netjies terug gepak (hy gaan my nooit vergewe vir hierdie fotos nie)
Toe die sokkie laai
dis al wat oor gebly het
party van ons was heel verveeld. (clyde)
Toe kom die pajama laai, die winter en swemklere laaie aan die beurt
natuurlik moes ons ALLES aanpas
pamaja laai baie netjies…..
die swembroek/hoed en winters laaie – heel skaflik
en vir die res van die kaste – baie netjies – soos dit hoort
dankie my groot seun vir jou harde werk….
