Die prinses word 1 – ‘n hele een jaar….

ja die tyd het gevlieg…. een hele jaar is verby….. hopeloos te vinnig. maar die tyd het aangebreek…… ons prinsessie het een jaar oud geword.
Baie geluk ons prinsessie…. dankie vir ‘n wonderlike jaar. daar het so baie dingetjies gebeur…. jy het geleer om te eet, te kruip, om soentjies te gee en al daai baie laggies. jy is baie spesiaal vir ons.
die kabouter maak ‘n kaartjie vir sy sussie.
self geskryf
draai sy eie geskenk toe…. laat ek eers die storie oor die geskenk vertel… ons leer die kabouter om te spaar vir goedjies wat hy regtig soek (en ons nie regtig wil koop nie). ,op die oomblik spaar hy woes vir Bakugan balle…. dis ‘n duur storie daai. hy moet werk vir geld. so help waar hy kan… net voor die prinses se verjaarsdag, sê ek vir hom ek gaan vir hom R50 gee vir ‘n persent vir haar. ek vra toe wat hy gaan koop. hy sê toe hy wil graag vir haar ‘n pink perd koop, maar dit moenie meer as R20 kos nie… en ek vra toe nou wat van die ander geld. ”maar mamma” sê hy ewe “ek spaar mos”…..
die oggend word daar gesing vir die birthday prinses
almal help om persente oop te maak (ouboet is meer opgewonde as die prinses self)
ouboet wys die pers perd wat hy gekoop het (hy kon ‘n pink perd kry nie….)

maar die kabouter was meer verras toe hy op ‘n geskenk afkom wat aan hom gerig was. hierso lees hy die kaartjie: aan die beste ouboet in die hele wereld
aaaah, dis wat ek nog altyd wou gehad het…. Ben 10 swembrille
baie baie impress met sy suster.
kyk net hoe lekker vuil is die prinses na ‘n lekker stukkie koek

Baie geluk met die prinses se verjaardag! Mag sy nog vele he en nog baie vreugde in jul lewens plaas.
Daai Bakugan balle het my laasjaar teen die mure uitgedryf! Al wat ‘n kind was het dit gehad en ek moes dit altyd afvat, want hulle het met die goed in die klas gespeel
Die craze is gelukkig nou oor!
Happy birthday, Mia. (Ek like hoe Xander ‘n R30 profyt uit sy sussie se geskenk gemaak het, lol)