The before, the during and the After – fase 1
hierdie keer het ons besluit om dit nie self te doen nie. die vorige huis het ons alles self gedoen…. toe het ons nie kinders gehad nie….. eintlik het ons – amper – ek was 7 maande swanger die vorige keer.
maar hierso is die fotos van fase 1 (die prinses se kamer, die kidos se badkamer en hulle gang)
DIE GANG
Ingang na nuwe gang vanaf die kombuis
Die nuwe gang wat deur die spaarkamer (links) gaan.
Die muur gebou.
‘n deel van die gang, maar gee ‘n idee hoe die eindproduk lyk.
DIE PRINSES SE KAMER
haar kamer before…..
die badkamer wat deel van haar kamer word.
die venster is uitgehaal en ‘n groter venster ingesit.
dinge kom na n punt toe…..
amper daar…
manlief le die ondervloerse verhitting.
en voila, die prinses se kamer is klaar. met die prinses op die bed.
elke prinses het ‘n aantrek spieel nodig.
lees hoekie.
DIE KIDOS SE BADKAMER
Die before…. okey daar was darem ‘n groen bad ook in. en die teels was eintlik ook groen blomme.
ons het die badkamer geskuif na een vandie voorportaal’s en ‘n stuk van die ou gang. en die oorspronklike toilet.
nee…. ons begin nie ‘n nuwe trend om ‘n toilet by die voordeur te sit nie…. al die mure nou uit.
die voordeur uitgehaal en venster ingesit.
manlief het die mure gedoen met Earth cote se Pandola (spelling….) se AmaPlastic. dit was baie werksintensief, maar beslis die moeite werd. Kort nog dekor en ‘n spieel. (kan nog nie besluit hoe die spieel moet lyk nie)
die bad (Obvious….)
Ek is absoluut gek oor die Accessories van Ironwood.
daar kort nog goed in die badkamer…. maar nou het julle darem ‘n idee.

Leave a Reply