winter wonderland in Maart
die kabouter het toe verjaar. ek het in my vorige pos vertel oor die partytjie by die skool.
en toe is daar ‘n partytjie by die huis: weereens ‘n dino partytjie, maar ek het dit toe gekombineer met ‘n foam party. dit was ‘n hit gewees.

mmmm, die koek was al leidraad dat dit ‘n dino party was. dit was my eerste roomyskoek wat ek gemaak het. nie te sleg vir ‘n eerste keer nie:
Roomys wat oornag in die yskas was (let wel YSKAS)
Pakkie Romany Creams
blikkie karamel kondensmelk.
voer ‘n glasbak uit met wrap en gooi roomys in tot die helfde toe. pak romany creams op en smeer dan die karamel bo oor. (ek het so ‘n bietjie melk gevat om dit ‘n klein bietjie te verdun). gooi die res van die roomys oor. plaas in vrieskas en vries. net voor bedien: laat bak vir ‘n paar sekondes in warm water en keer bak om op ‘n skinkbord. haal wrap af en versier soos jy wil.
en die beste van alles: GEEN SKOTTELGOED NIE
kabouter kind in die foam.
dit het soos sneeu gelyk: regte winter wonderland.





Dis eerste keer dat ek hier inloer en die foam partytjie lyk na so ‘n cool idee. Is daar mense wat hierin spesialiseer en hoe kom spuit hulle dit?
Wat ‘n wonderlike idee!! Fairy is ‘n funky ma!!! Fantasties….