‘n kabouter raak 5 (en ‘n baie besige week)
toe ons verlede jaar van botswana terug getrek het, was ek swanger. En het natuurlik nie gewerk nie. (wie wil nou ‘n swanger vrou aanstel….?) toe word die prinses gebore. en dis nou 4 maande later. en 2 werksaanbiedinge later. Vir die eerste werk het ek ja gese: ’n kontrak van 6 maande. net goed om my weer op dreef te kry en weer in die bedryf in te kry. en toe kom die ander aanbod. permanente werk in ‘n gebied (werksplek) waarin ek nog altyd wou werk…
Ek moes Dinsdag vir die “eerste” aanbod nee se. (nadat ek 6 weke gelede daarvoor ja gese het). dit was vir my baie moeilik gewees. eerstens is die persoon ‘n baie goeie vriend van my. tweedens, moet hy nou op die nippertjie iemand anders soek. En natuurlik derdens: hy is ‘n BAIE moeilik mens. maar dit het alles goed afgeloop. En ek begin op 9 Maart by die nuwe werk. het alreeds ‘n koffie beker gekoop (ek het ‘n ding oor ‘n mooi beker. ek kan nie verby dit stap sonder om dit te koop nie) ek sit al met ‘n rits “werk” koffiebekers.
Die nuutste koffiebeker
en daar word my kabouter kind 5 hierdie week. Ek beleef hierdie dag met baie gemengde gevoelens. Ek is so opgewonde saam met hom, want hy verjaar: lekker persente, eetgoed, maatjies. dis mos waaroor dit alles gaan. maar aan die ander kant: my kaboutertjie raak nou te groot. Ek sien hom groei en groot word. Ek wil my baba terug he…
Daar is gebak vir die partytjie by die skool. het besluit op ‘n partytjie by die skool, omdat dit sy laaste jaar daarso is, voordat hy groot skool toe gaan.
daar was cookie-eating-monster cupcakes gewees
lekkergoed pakkies vir elke kind (al 48 van hulle)
ons het die kabouter wakker gemaak met ‘n cupcake en ‘n groooot kers (die ander kersies was weg) shame. hy kon net die wakker raak nie.
die kers is so met toe ogies doodgeblaas.
so toe ogies op sy persent geklim
En toe raak ons uiteindelik wakker.
nog ‘n geskenk
en natuurlik ‘n… DINOSAURS
By Mickey Huis kleuterskool het juffrou Rita die kersies aan die brand gesteek (sy het darem kersies gehad)
die birthday boy
almal geniet die partytjie
Xander het sy verjaarsdag regtig baie geniet. Ouma Rita en Oupa Pollie het ‘n spiderman pak vir hom gegee en hy is die aand so spur toe. en natuurlik het hulle vir Spiderman gesing.
En die prinses: wel, die prinses het ‘n effense moeilike week gehad. sy was ‘n bietjie meer nukkerig as gewoonlik. en Ai die tande pla. en toe moes sy nog bo op alles nog skool toe ook gaan. dieselfde skool as die kabouter. so, boetie kan darem ‘n oog gooi en hallo se. Dit gaan goed met die skool. sy slaap net nie baie daarso nie. Ai, niemand weet darem om my kinders aan die slaap te maak soos ek nie. styf teen my. daar is niks soos om ‘n kinder lyfie teen jou vas te hou nie. sy het ook die week begin agterkom sy het hande. hulle fassineer haar baie. sy het nog nie juis oog-hand koordinasie nie. maar sy werk daaraan.

Nice blog en skattige kiddies!! Ek sal weer kom inloer!
Kinders is so spesiaal. Die grootste geskenk wat die LEWENDE GOD vir ons leen….