header image
 

Nuus uit Fairyland…..

Dit hartjie word warm as ek sien julle mis my darem.  ek lees elke comment.  dit gaan net mal en crazy en het nie regtig tyd vir die internet op die oomblik nie.

ek en seun het een Woensdag oggend met ons ons klere en speelgoed na SA verhuis.  alles wat ek in my karretjie kon kry.  ‘n bietjie in SA by my ouers gekuier totdat Hubby teruggekom het van Botswana vir ons vakansie.

Ek het ook intussen besluit om my eie besigheid ooptemaak.  sommer van die huis af:  wedding stationary.  op die oomblik is daar ‘n gap in die mark daarvoor.  en dis ideal om dit te doen terwyl ek nog kinners gaan grootmaak.

die vakansie:  absoluut fantasties.  ons het George toe gevlieg en toe by ‘n sprokies plek ingeboek in Knysna se woud.  met ‘n pond en ‘n donkie en ‘n hangmat, kon nie lewe nie beter nie.  en ‘n kaggel.  maar die weer wou nie saamspeel met die kaggelaande wat ek beplan het nie.  ons het die mees fantastiese weer gehad.  ons het elke dag in die see gaan swem.  (okey,  die seekoei het dit maar nie gewaag nie…..).  maar ons kon nie vir seun uit die see kry nie.  ons moes ook somersklere en swemklere gaan koop het en sommer nog ‘n tas om alles weer terug in Jo’burg te kry.  ons was baie besig gewees:  met olifante gaan stap, monkeyworld, die birdsworld, knysna se winkels, op die boot gery in knysna, die kango grotte, die volstruisplaas, die cango Wildlife resort met al hulle pragtige diere:  van wit tiere tot die miniatuur seekoei (nou nie ek nie, ‘n regte ene), die trein na Mosselbaai en mosselbaai se museums en diaskruis.  ons was pootuit maar baie happy.  seun het dit so geniet.  die olifante was sy hoogtepunt. 

ons het die Donderdag teruggekom en die vrydag en saterdag het ek by ‘n bruidskou gaan uitstal om my nuwe besigheid van die grond af te kry en aan die mense voor te stel.  sjoe, ek was pootuit.  Hubby het die sondag terug in Botswana toe gery en ek en seun het maandag in ons ou/nuwe huis ingetrek.  dit was mal en crazy gewees en intussen het ek met die showroom begin.  al die mooi goed vir die wedding invitations het ook gekom:  aaaah, die mooiste papiere en linte en butterflies.  ek wil sommer weer trou.  ek het die hele plek uitgeverf.  ek was later so gatvol vir verf.  en dit is net so verdomp moeilik om alles self te doen (swanger, en sonder ‘n man).  maar die showroom is klaar en lyk nice.  ek het tot ‘n eetkamer tafel gaan koop en bo-op my Terios se dak laat vasmaak en homself weer aanmekaar “gebou”.  Wie het nou ‘n man nodig………  (ekke het, vir die emosionele bystand). 

Seun geniet skool vreeslik.  kry een van die dae sy rapport.  hy is weer sy ouself.  ek kan sien hy het sy maatjies gemis.  hy kan in die oggende nie wag om skool toe te gaan nie.  en ek wil ‘n bietjie laatslaap, maar ai, kleinman moet skool toe gevat word - in hierdie blerrie koue.

maar ek sal nie jok nie - dit voel nie elke dag of ek cope nie.  die is blerrie hard om alles self te doen.  daar is niemand vir wie ek kan vra om net gou vir seun in die bad te sit terwyl ek besig is om uit te pak nie.  daar is niemand vir wie ek kan vra om in die nag op te staan en die honde vir die soveelste, verdomste keer toe te maak nie.  (my 75kg boerboel kry vreeslik gou koud en skop homself oop en dan moan hy langs die bed dat ek hom moet toemaak, of hy vat al die duvet van die Labrador af - tipies mansmens - dan moan sy weer dat sy koud kry…..).  ek het die afgelope tyd groot respek vir alleen ouers gekry.  dit moet absoluut vreeslik wees.  niemand wat jou kan “aflos” as jy net ‘n bietjie tyd vir jouself wil he nie.  ek haal my hoed af vir alle enkel ouers….

en verder het ek besluit om weer te laat breek en bou in die huis.  toe ek swanger was met seun, het ons (self) 6 mure uitgebreek en nou wil ek dit weer (laat) doen.  seker my swanger craving daai.  die argitek kom dinsdag uit en moet kom voorstelle maak.  kan nie wag dat dit moet begin nie.

dit lyk of hubby einde Julie terugkom.  kan nie wag nie. 

en ja, julle kan seker nie wag vir die babanuus nie………  ek hou die beste vir laaste:  die ‘n dogtertjie.  ek is nou al 5 maande swanger.  magie raak lekker groot.  sy groei ook pragtig.  sy het 2 weke terug 200g geweeg en is baie lank.  tot dusver lyk alles pragtig en normaal.  met mamma se gesondheid gaan dit nie te goed nie.  ek het bronchitis en hoe bloeddruk.  laasgenoemde is blykbaar nie baie goed vir swangerskappe nie.  jy moet jouself stil gedra (wat op die oomblik vir my baie moeilik is - geen man, aanbouings, nuwe besigheid, moet self trek en uitpak.)

wel, dis eers al uit fairyland uit.  hoop dit gaan goed met al julle kabouterkinners.  ek het aansoek gedoen vir ADSL, (dial-up is darem so duur en stadig), so, dan sal ek weer julle elkeen se blogs lees.

groete

Afrika Fairy

Wie dra die broek in jou huis?

ons het op ‘n punt v ons lewens gekom, waar ons moes besluit:  waarheen nou?????

ons moet kies tussen Botswana en SA.  nie ‘n maklike besluit nie.  vir die ander mense is dit so ‘n maklike antwoord:  Botswana Natuurlik, julle is mal as julle terugkom.  maar dit gaan om diepier dinge.  eerstens natuurlik die mediese fasiliteite hierso.  vandag ek swanger geraak het, is dit al waaraan ekke dink.  se nou ek verloor die babatjie agv mediese fasiliteite.  die naaste hospitaal is 400km van ons af.  nie te ver nie, maar die paaie is swak en daar is ongelooflik baie donkies en beeste op die paaie.  vir 50% v die pad, mag jy in elk geval net 60km ry.  wat gaan gebeur as die kleinding siek raak - geen ongevalle naby in die nag nie. 

hoe kies jy tussen geld en gesondheid.  die geld is goed in Bots - ons word in $ betaal, maar gaan dit my kleingoed lewendig hou….  Ag, en natuurlik is daar nog ander kleiner redes ook:  Seun moet kleuterskool toe gaan - hy raak nou gatvol vir sy ma.  Ma wil weer werk, maar mag nie hierso werk nie. 

maar my man is gelukkig by sy werk.  ons is actually gelukkig in Botswana.  of is ons???  op die regte tyd maaksy gewese werk hom ‘n aanbod.  die pay is goed.  ons sal met baie minder geld oor die weg moet kom, maar ons hartjies is gelukkig.   ons sal terug wees by almal en alles wat vir ons bekend is.  so, die besluit is:  ons gaan terug SA toe….

die nuus het baie vinnig versprei tussen die expats.  die vrouens bel my en vra hoekom.  hulle stemme is anders, bespeur ek envy…..  en ek begin dink aan al die SA vrouens hierso.  hulle lyk altyd so 100% gelukkig hierso.  maar is hulle????  hoekom is hulle dan so baie in SA????  hoekom gaan hulle elke maand vir 2 weke SA toe en se dan dit was hopeloos te kort????  is hulle dan werklik gelukkig hierso, of bly hulle maar net hierso ter wille van hulle mans???? 

help my asb. reg as ek dalk verkeerd is….  maar wie se geluk is belangrik in die huwelik?  die man s’n?  die vrou s’n?  die kids s’n?  wie maak die grootste besluit in jou huwelik?  dalk is dit omdat ek sonder ‘n pa groot geword het, dat ek baie onafhanklik is.  maar in ons huis, besluit ons altwee oor groot besluite.  ons albei (en die kids) se geluk is almal ewe belangrik.  ons spot altyd en se:  my man dra die onderbroek en en ek die die pantie.  ons is gelyk.  en dis hoe ons dit verkies.  maar ek kom agter dat baie ander huwelike (veral hierso in Bots) nie so werk nie.  die mans swaai die septer.  hulle woord is wet.  ten spyte oor hoe hulle vrouens voel.  ek wonder of hulle ooit weet hoe voel hulle vrouens…  of is Geld so belangrik?????

wie dra die broek in jou huis?

 

sjoe baba al 9 weke….

sjoe, my kleinding.  jy begin lyk dare al soos ‘n babatjie.  ek kan nie glo jy is al 9 weke oud nie.  die tyd vlieg.  ek moet se dit gaan al beter.  het toe uiteindelik pille gekry vir die naarheid en DIT HELP.  ek voel weer amper soos ‘n mens.  slaap nog net so baie.  en ai, die verstand,  ek het dit iewers verloor.  ek bespreek vliegtuigkaartjies na ‘n verkeerde plek, vergeet vir ouboet toe ek bespreking vir blyplek doen.  hopelik kry ek my verstand terug as jy gebore word.  ons gaan die week SA toe.  kan nie meer wag nie.  vroeg vrydag oggend al ‘n afspraak by oom dokter gemaak sodat ons kan sien hoe lyk jy.  jou ouboet het vanoggend vir jou tandeborsels gekoop.  dis blykbaar die eerste ding wat hy wil doen - hy wil jou tande borsel. 

Baby:  The embryonic tail is gone and your baby is officially very much a foetus. The
formed liver produces red blood cells.  Facial features are more pronounced. The eyelids are formed and are closed over the eyes. Finger buds begin to grow and your baby has toes. The fetus is moving all the time, although you won’t be able to feel this for a while still.  At this stage it is not yet possible to identify the  sex of the baby.

Mommy:  Your uterus is beginning to grow and although you may not look that different to
others, you waist is thickening and your breasts are growing.  The volume of blood in your body has increased which may have improved your skin although some womens’ skins deteriorate with hormonal changes. As you progress through pregnancy, your skin may revert to normal. Some women only find this after the baby is born.

om weer kind te kan wees

ai dit was nou so lekker gewees,  dankie Zee.  teken iets op Paintbrush. en ek het myself uitgeleef.  net weer ‘n bietjie kind gewees en alles so helder en kleurvol as moontlik gemaak.

baba is nou 8 weke oud

8 Weeks Pregnant

hierdie week gaan dit darem beter.  die heimwee is nou weg en ek tel die slapies af, soos ‘n 4-jarige kind voor kersfees, voordat ons weer SA toe gaan.  die naarheid is nou in volle glorie.  net jammer die bed wil nog steeds nie in die badkamer inpas nie.  maar iets wat help is gemmerbier en ginger ale.  dit bring dadelik verligting, maar nie vir lank nie.  ek voel te sleg en te moeg om selfs net winkel toe te gaan.  vrek, en ek is so lief vir winkels toe gaan.  die magie raak nou mooi groot.  wonder hoe groot gaan hy wees op die einde. 

Baby:  Technically, your baby is still considered an embryo with the resemblance of a small
tail. This disappears during the next few weeks. This is the last week your unborn
baby is called an embryo. From next week it’s officially a foetus.
The heart and brain are developing more and although all the major organs have
formed, they are not fully developed or functional. The tip of the nose is present
and the arms bend at the elbows. Your embryo is about 32mm long. An ultrasound
detects the tiny beating of the heart.

Mommy:  Sorry, but it’s inevitable that your waistline may begin expanding from now…
The good news is this may not be apparent. If you press on your abdomen, you may
feel your enlarged uterus that is now about the size of an orange and growing
continuously to accommodate baby. As your uterus grows you may experience some
abdominal cramping and mild twinges.

Tip of the week:  Take a photograph of your growing belly once a month - a side-on naked pic (with you covering the vital parts) provides an amazing record of the event. It is quite something to look back at your original shape when hugely pregnant and reminisce about looking like that. I’m sure it’s just as amazing to look back at the huge belly photos when you’re back to (or almost back to) your usual self.

heimwee vanaand…

myspace20magick20-20drl20-20fairy20.gifvanaand mis ek suid-afrika baie.  sommer net vreeslik baie.  more voel ek dalk weer anderste, maar vanaand wil ek net weer in SA wees. 

ek was vandag dokter toe om te gaan kyk of alles oraait is met die kleinding (die naweek het ons gedink daar kan dalk ‘n miskraam wees).  die dokter stuur my vir ‘n sonar.  dit het my omtrent 1 uur gevat om die plek te kry - ons het nie straatname nie.  ek was toe al na aan trane.  ek kry toe uiteindelik die plek.  toe sukkel ek om parkeerplek te kry.  besluit toe maar om op die sypaadjie te parkeer (soos al die ander).  toe onthou ek dat ek sopas al my geld by die dokter uitgegee het.  ek kry ‘n ATM….  met ‘n ry van 40 mense.  ek gaan staan toe maar geduldig.  en ek staan.  en ek staan.

uiteindelik, met geld in die handsak, handsak styf onder my arm vasgedruk, loop ek na sonar gehou.  toe ek instap, toe weet ek.  hier gaan ek nie vinnig uitkom.  ek gaan maar na die ontvangs en gaan gee my doktersbriefie.  betaal my geldjies en gaan sit in die ry.  al het ons ‘n mediesefonds, is dit al plek waar hulle sonars doen = staatsdiens fasiliteite. 

en ek wag vir 3 ure in die ry.  ek is later moeg van selfoon games.  en toe uiteindelik mag ek ook ingaan.  teen daai tyd is ek al anti-botswana. 

ek klim op die bed.  en kyk die kussing.  o no ….  hare…..  agge nee.  ek wil naar word.  ek draai die kussing om en gooi ‘n plastieksak bo-oor.  die dokter/of-wie-ook-al loer my net.  ek loer terug. 

en hy kry dit nou maar eenmaal nie reg nie:  my van word my naam en my naam word my van.  ek is moeg en baie na aan trane en wil nie sukkel nie.  en wragtig vra hy:  hoekom is jy hierso??  ek dog ek hardloop weg.  EK - IS - SWANGER!!!!  

en uiteindelik doen hy die sonar.  nie tegnologie is nie wat wonders hierso in bots nie.  maar ek sien my kind(ers) se hartjie(s) klop.  ek vergeet ewe skielik waar ek is en dat ek eintlik nie daar wil wees nie.

hy kan nie eintlik veel vir my se nie.  kan net sien die baba(s) is oraait.  nie hoeveel nie, niks nie.  en ek moet oor ‘n uur my verslag kom haal.  se gat.  ek sal dit more kom haal.

ek kom 5 ure nadat ek die huis verlaat het, weer by die huis.  moeg. gatvol.  en nog steeds na aan trane

en ek mis SA.  ek mis my dokter wat alles binne ‘n halfuur sou doen. ek mis die 1 km na sy spreekkamer sonder veel verkeer.  ek mis al die parkeerplek voor sy spreekkamer.  ek mis die 5 meter van sy spreekkamer na die sonarkamer.  ek wou so graag sien hoe lyk my babatjie(s).  ek wou so graag weet hoeveel daarso is.  ek mis skielik ook my ma (by wie ons vanmiddag sou gaan koek eet het om die baba weereens te vier).  ek mis sommer my werk ook.  ek mis al my vriende.  ek mis pizza.  ek mis fruit en veg.  ek mis my honde.  ek mis 7de laan.  ek mis die 20 tree na spar.  ek mis ordentlik teerpaaie.  ek mis ordentlike verkeer.  ek mis ordentlik mince vleis.  ek mis koffie (okay, dit het niks met botswana uit te waai nie, net die swangerskap - maar ek kan seker oor daai een ook heimwee kry)

maar ek weet, more voel ek beter.  maar ek mag seker nou so voel…. want ek is swanger…

planet baobab

photo-24.jpgphoto-23.jpgphoto-21.jpgphoto-18.jpgphoto-17.jpgphoto-12.jpgphoto-10.jpgons was paasnaweek ‘n bietjie weg na die grootste soutpan in die wereld:  makgadikgadi pans.  12000km².  ons het by planet baobab (kalahari surf club) oornag.   daar was nie eintlik veel om te doen nie.  dit het te veel gereen en dus het al die diere okavango toe getrek.  en die migrasie van die flaminke is eers in april.  (hoe de hel weet daai flaminke watse maand dit is???)  en in die winter is daar baie diere en kan jy op die panne gaan ry met die quad bikes.  maar ons het die stilte geniet.  ek het baie geslaap.   geniet die paar fototjies.photo-1.jpgphoto-6.jpgphoto-5.jpgphoto-3.jpg

7 weke:”Under my way-too-big head there are knobs that will become my arms and legs.”

7-weeks-pregnant.jpg

vandag is ek 7 weke swanger.  dit voel nog regtig unreal.  ek word nog baie in die nagte wakker, net om seker te maak dis nie net n droom nie.  ek voel nog goed.  slaap baie, ongelooflik baie.  rooibostee maak my naar.  maar my maag:  ek dink dit het oornag gegroei.  hubby sê ek lyk 4 maande swanger of dis ‘n 2-ling.  ons sal maar moet wag en kyk wat sê die dokter.  ons gaan eers weer 20ste April Suid-Afrika toe.  ouboet is baie opgewonde.  hy dink daarso is twee babas.  en hy kom gee elke oggend vir hulle soentjies.  en wil net kort-kort weet hoe laat kom die twee uit.  ons praat nou al almal van die babas.  natuurlik hoop ons vir ‘n dogtertjie, maar eintlik maak dit mos nie saak nie.

The Baby
Your little tadpole is no baby yet, but the little knobs on its sides are now growing into real arms. A few more weeks and then they’ll have hands and fingers with tiny nails. Little legs with feet and toes appear, and then the face starts to develop. The eyes are open but haven’t got irises yet. Compared to the rest of the body, the head is really big and it will stay like that for a while. Your baby is now growing at a rate of 1 millimeter a day and is about 0.4 inches (1 centimeter) long. The nervous system is continuing to develop and work on creating the brain and spine is almost finished. The skull is translucent, so the brain is visible. In the abdomen, the liver and stomach are growing. At the end of this week, the bones will start to ossify. And in the jaws, the beginnings of 20 milk teeth are being created.

Mommy

Now, living healthy is more important than ever. Of course, you can continue playing sports and exercising, as long as you’re not too tired. If you haven’t done so yet, there are some other things you should reduce or quit doing for a while:

*  alcohol

Eating excessive quantities of those fish that are highest in mercury

*Milk that hasn’t been pasteurized or sterilized, smoked salmon and raw fish, such as sushi, hot dogs and luncheon meats, and raw cheeses might also contain the Listeria bacterium. 
Smoking and taking medication you don’t really need.  
*  Consuming excess caffeine. 300 milligrams of caffeine per day - about the amount found in two to three regular cups of coffee or six cans of cola - is probably safe. 
*  Eating large quantities of cinnamon.

babas

met my seuntjie se verjaarsdag elke jaar, is my hartjie so effens seer.  want ek besef nog ‘n jaar is verby.  nog ‘n jaar van probeer is verby.  nog ‘n jaar van geen swangerskappe is verby.  my seun raak ouer.  gaan hy alleen groot word? 

my hart is hartseer.  hoekom werk dinge net nie uit soos mens dit beplan.  kindertjies so 2 jaar verskil.  maar dinge werk nie altyd uit nie.  ek dink weer aan al die probeer slae.  aan al die doktersbesoeke.  aan die hoop elke maand.  en dan daai ongelooflike teleurstelling.  en dan maar weer hoop.  dis al waaroor ek kon dink.  dis al waaroor ek gelees het.  en as ‘n vriendin swanger raak:  jy is so bly vir haar part, maar diep binne in jou is dit seer.  jy huil binne. 

dokter kon niks fout kry nie.  die enigste raad wat hy kon gee:  bedank, raak rustig.  jy is te gestres.  jy sal nooit swanger raak nie. 

die mense se vrae maak ook seer.  die verwyte oor hoekom kry jy nie vir jou seun nog ‘n boetie en ‘n sussie nie.  die meeste kere het ek iets stupids soos “ek geniet hom nog te veel” of “hy is nog te veel vir my” vir hulle gesê.  later het ek maar die waarheid vertel.  al het dit hoe seer gemaak.

hierdie jaar was die seer weer daar, maar so ‘n bietjie anders.  ons besluit dat dit dalk beter gaan wees om dit te stop.  dit te aanvaar.  die ouderdomsverskil begin raak nou groot. 

toe ons botswana toe trek, was almal se woorde:  nou gaan jy swanger raak.  dalk oor ‘n jaar of wat.

 en vandag doen ek ‘n swangerskaptoets en dis dadelik positief.  die dokter was reg.  ek was 2 maande in botswana.  dis die plek om te wees.  die rustigheid.  die geen stres. 

ek is opgewonde - blerrie baie opgewonde.  dankie Liewe Jesus vir hierdie klein babatjie.  dankie!

die pou, die bosluis en die partytjie

ondsc00353.jpgs kry vroeg oggend twee besoekers van langsaan:  twee poue.  pragtig in die tuin.  waar ek by my computer sit, staar ek na die tweetjies.  so galant stap hulle deur my tuin.  drink water uit die bak.  ek staar na hulle.  en die volgende oomblik sien ek ‘n swart streep…..  my worshond.  en die volgende oomblik hoor jy poue wat skree.  hulle hardloop rond.  kry nie tyd om weer terug op die muur te spring nie.  en ja,  worshond kry die mooie mannetjie beet.  hy skree en die trane loop oor my wang.  die einde van die storie:  hy het geen fisiese gate in sy lyf nie, maar ook geen stert vere nie.  dit het sy lewe gered van ‘n worshond wat net wou wys dat hy ‘n groot voël kon vang….

wel, die bosluis,  hy het my man gebyt en die sit met bosluiskoors…… (dis nou my man, nie die bosluis nie)

En so breek my seun se verjaardagpartytjie aan.  Dinosaur partytjie, want alles is deesdae net dinosaurs.  Ek werk hard om alles vir my enigste en pragtigste seun te doen.  bak selfs ‘n koek (wat baie min, indien ooit, gebeur).  ek beplan baie aktiwiteite, van lawa berge tot fosiele opgrawings.  dit gaan ‘n partytjie wees wat niemand gaan vergeet nie. 

ja wel, vir die eerste keer in 2 maande reen dit in botswana. 

maar die partytjie was nogmaals ‘n groot sukses.  nie prettig met 15 kleuters in jou huisie nie.  maar hulle vermaak hulleself.  speel in die reen, skiet mekaar met die watergewere.  (ek moes eintlik op die uitnodiging gese het dat hulle droe klere en handoeke moes saambring).  maar my kind is gelukkig en dit is al wat saakmaak.dsc00363.jpg

dsc00371.jpg