Dit hartjie word warm as ek sien julle mis my darem. ek lees elke comment. dit gaan net mal en crazy en het nie regtig tyd vir die internet op die oomblik nie.
ek en seun het een Woensdag oggend met ons ons klere en speelgoed na SA verhuis. alles wat ek in my karretjie kon kry. ‘n bietjie in SA by my ouers gekuier totdat Hubby teruggekom het van Botswana vir ons vakansie.
Ek het ook intussen besluit om my eie besigheid ooptemaak. sommer van die huis af: wedding stationary. op die oomblik is daar ‘n gap in die mark daarvoor. en dis ideal om dit te doen terwyl ek nog kinners gaan grootmaak.
die vakansie: absoluut fantasties. ons het George toe gevlieg en toe by ‘n sprokies plek ingeboek in Knysna se woud. met ‘n pond en ‘n donkie en ‘n hangmat, kon nie lewe nie beter nie. en ‘n kaggel. maar die weer wou nie saamspeel met die kaggelaande wat ek beplan het nie. ons het die mees fantastiese weer gehad. ons het elke dag in die see gaan swem. (okey, die seekoei het dit maar nie gewaag nie…..). maar ons kon nie vir seun uit die see kry nie. ons moes ook somersklere en swemklere gaan koop het en sommer nog ‘n tas om alles weer terug in Jo’burg te kry. ons was baie besig gewees: met olifante gaan stap, monkeyworld, die birdsworld, knysna se winkels, op die boot gery in knysna, die kango grotte, die volstruisplaas, die cango Wildlife resort met al hulle pragtige diere: van wit tiere tot die miniatuur seekoei (nou nie ek nie, ‘n regte ene), die trein na Mosselbaai en mosselbaai se museums en diaskruis. ons was pootuit maar baie happy. seun het dit so geniet. die olifante was sy hoogtepunt.
ons het die Donderdag teruggekom en die vrydag en saterdag het ek by ‘n bruidskou gaan uitstal om my nuwe besigheid van die grond af te kry en aan die mense voor te stel. sjoe, ek was pootuit. Hubby het die sondag terug in Botswana toe gery en ek en seun het maandag in ons ou/nuwe huis ingetrek. dit was mal en crazy gewees en intussen het ek met die showroom begin. al die mooi goed vir die wedding invitations het ook gekom: aaaah, die mooiste papiere en linte en butterflies. ek wil sommer weer trou. ek het die hele plek uitgeverf. ek was later so gatvol vir verf. en dit is net so verdomp moeilik om alles self te doen (swanger, en sonder ‘n man). maar die showroom is klaar en lyk nice. ek het tot ‘n eetkamer tafel gaan koop en bo-op my Terios se dak laat vasmaak en homself weer aanmekaar “gebou”. Wie het nou ‘n man nodig……… (ekke het, vir die emosionele bystand).
Seun geniet skool vreeslik. kry een van die dae sy rapport. hy is weer sy ouself. ek kan sien hy het sy maatjies gemis. hy kan in die oggende nie wag om skool toe te gaan nie. en ek wil ‘n bietjie laatslaap, maar ai, kleinman moet skool toe gevat word - in hierdie blerrie koue.
maar ek sal nie jok nie - dit voel nie elke dag of ek cope nie. die is blerrie hard om alles self te doen. daar is niemand vir wie ek kan vra om net gou vir seun in die bad te sit terwyl ek besig is om uit te pak nie. daar is niemand vir wie ek kan vra om in die nag op te staan en die honde vir die soveelste, verdomste keer toe te maak nie. (my 75kg boerboel kry vreeslik gou koud en skop homself oop en dan moan hy langs die bed dat ek hom moet toemaak, of hy vat al die duvet van die Labrador af - tipies mansmens - dan moan sy weer dat sy koud kry…..). ek het die afgelope tyd groot respek vir alleen ouers gekry. dit moet absoluut vreeslik wees. niemand wat jou kan “aflos” as jy net ‘n bietjie tyd vir jouself wil he nie. ek haal my hoed af vir alle enkel ouers….
en verder het ek besluit om weer te laat breek en bou in die huis. toe ek swanger was met seun, het ons (self) 6 mure uitgebreek en nou wil ek dit weer (laat) doen. seker my swanger craving daai. die argitek kom dinsdag uit en moet kom voorstelle maak. kan nie wag dat dit moet begin nie.
dit lyk of hubby einde Julie terugkom. kan nie wag nie.
en ja, julle kan seker nie wag vir die babanuus nie……… ek hou die beste vir laaste: die ‘n dogtertjie. ek is nou al 5 maande swanger. magie raak lekker groot. sy groei ook pragtig. sy het 2 weke terug 200g geweeg en is baie lank. tot dusver lyk alles pragtig en normaal. met mamma se gesondheid gaan dit nie te goed nie. ek het bronchitis en hoe bloeddruk. laasgenoemde is blykbaar nie baie goed vir swangerskappe nie. jy moet jouself stil gedra (wat op die oomblik vir my baie moeilik is - geen man, aanbouings, nuwe besigheid, moet self trek en uitpak.)
wel, dis eers al uit fairyland uit. hoop dit gaan goed met al julle kabouterkinners. ek het aansoek gedoen vir ADSL, (dial-up is darem so duur en stadig), so, dan sal ek weer julle elkeen se blogs lees.
groete
Afrika Fairy



















